Birkenheaders se 1ste vir 2016

Birkenheaders se 1ste vir 2016

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Birkenhead Boothengelklub is waarskynlik die enigste klub wat aan die einde van ‘n jaar reeds hulle eerste boothengelklubkompetisie vir die volgende jaar laat plaasvind. So het hulle eerste kompetisie vir 2016 reeds op 5 Desember vanjaar plaasgevind. Die hengelaars was redelik tevrede met hul vangstes, al het hulle bykans “uitgebraai” op die bote. Die pragtige getal van 7 bote het ingeskryf, waarvan 6 ingeweeg het.

Die totale aantal bemanning was 23, waarby 2 juniors en 2 dames ingesluit was.   9 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 116 met 'n totale massa van 76.65kg, wat ‘n gemiddeld van 3.33kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Philip Fourie (Rooi Roman - 1.75kg); 2de swaarste visse, Charlo Viljoen (Gurnit - 1.5kg) en Leon Engelke (Kabeljou - 1.5kg); swaarste sak (7.25kg), Ben Uys; 2de swaarste sak (7.15kg), Philip Fourie; swaarste bootgemiddeld (6.68kg), Nu-Nu van Johan Burmeister; 2de swaarste bootgemiddeld (6.51kg), Oupa van Ben Uys; Junior swaarste sak (6.9kg), JP Uys. Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë vir 2016 is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (6.68kg), Oupa van Ben Uys (6.51kg); Relêks 2 van Jean Downing (4.99kg); Mans Visvangkampioene - Ben Uys (7.25kg), Philip Fourie (7.17kg), Danie Fourie (6.95kg); Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (2.95kg); Junior Visvangkampioene - JP Uys (6.9kg), Hennie Groenewald (5.7kg). Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 9 Januarie 2016 (nie die 2de Januarie nie) geskeduleer.

Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae aan die nuutverkose Wedstrydsekretaris, Jean Downing by 076-840-3393.

Hardus Botha

Birkenheaders se 1ste vir 2016

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles