Laerskool Gansbaai 4x4 Dag te Murasie Bbos

Laerskool Gansbaai 4x4 Dag te Murasie Bbos

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wat ‘n wonderlike ervaring was dit nie.  Die dag het afgeskop met die opening deur Ds Liesl Joubert en verwelkoming deur Michael Geldenhuys Voorsitter van die Ouermaatskappy waarna ‘n heerlike ontbyt verskaf was deur Michael Geldenhuys en sy span.

Na afloop van die ontbyt het Woens Basson en Madelein Swart die deelnemers onder hulle vlerk geneem en is die dag se reëls en roete deeglik met hulle bespreek.  Elke deelnemer het ‘n sakkie ontvang waarin daar ‘n verrassing was vanaf die borge : Rola Toyota Bredasdorp,  Overcell Gansbaai, Friends, Murasie en Supreme Sharks.

Die kompetisie het om 08h30 afgeskop met 30 deelnemers in totaal.  Japie Swart het sommer vroeg al gesorg vir opwinding tydens die “axel bender” tot almal se vermaak.

De Uijlenes het hul wa beskikbaar gestel vir die roete en toeskouers is aangery tot by die verskillende kykpunte.

Na voltooiing van die roete het die deelnemers vir groot vermaak gesorg by die “slurry gat” .  Slegs 3 voertuie kon dit regkry om deur hierdie hindernis te gaan en vele ander het die toeskouers vermaak met vassit in die modderpoel en beraming van planne om daaruit te kom.  Ferdie Kritzinger van Supreme Sharks wat die herwinnings voertuig vir die dag beskikbaar gestel het, het sy hande behoorlik vol gehad hiermee. Daarna is daar gebreek vir middagete en nog ‘n groot borg van die dag Atlantic Abalone het gesorg vir heerlike perlemoen waartydens Michael en sy span hulle hul weereens goed van hul taak gekwyt het.

Omstreeks 13h00 was dit die vroue deelnemers se beurt om te bewys wat in hul steek en hierdie afdeling is deur Danielle Becker gewen, sy het dit reggekry om die uitdagende roete deur te gaan sonder om aan enige van die paaltjies te raak  - welgedaan aan haar en sy wen ook die prys vir die “lady driver” geborg deur Rola Toyota Bredasdorp.

Die drifting het direk daarna plaasgevind en onder andere het van die deelnemers Nico Kotze, Mike Germishuys, DP Fourie, Phillipus de Villiers, Michael Jansen, Hentie le Roux, Marius Heyneman en Charles Muller vir oneindige vermaak vir die toeskouers gesorg.

Die dag is afgesluit met aandete, ‘n prysuitdeling en heerlike musiek vermaak deur Leon Carstens tot baie laat.

Die wenners van die dag : 1ste: Charles Muller, 2de: Johan Kotze, 3de: Hentie le Roux en 4de: Andre Hage.

Die pryse was geborg deur Overcell Gansbaai en Rola Toyota Bredasdorp.  Die “venue” was gratis beskikbaar gestel deur Kosie en Leana de Wet : Murasie.  Laerskool Gansbaai bedank een en elkeen vir hul ondersteuning!  Ons maak weer so op 3 September 2016.

Madelein Swart

Laerskool Gansbaai 4x4 Dag te Murasie Bbos

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles