Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense

Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai en omgewing is geseënd met ‘n ryke kultuur-historiese geskiedenis. Dit is so kosbaar dat, indien dit vir die nageslag verlore sou gaan, hulle van ‘n erfenis ontneem sou wees.  Dit het meer as vyf jaar gelede ‘n groepie inwoners genoop om ‘n komitee te stig met die doel om namens die gemeenskap die geskiedenis te boekstaaf. ‘n Bekroonde skrywer, SD Fourie en haar man, Jan, is genader om die boek saam te stel. ‘n Artikel 21 maatskappy is gestig en die skryfwerk is in alle erns aangepak. Nou, na meer as vyf jaar, is die manuskrip voltooi en aan die redigeerder oorhandig vir die finale afronding.

Ek was bevooreg om die manuskrip te kon lees. Dit het soveel emosies gaande gemaak oor die swaarkry en ook die lekkerkry van ons voorouers, hulle wat hulle toekoms hier gesoek het. Die meeste van hulle het vir en van die see geleef. Nadat ek dit gelees het, het ek opnuut onder die indruk gekom dat talle name en vanne van mense wat tans in die omgewing woon, hulle wortels hier het. Die skrywers het op die voetspore geloop van hulle wat hier gewoon het.  Die boek is ‘n juweel in woorde. Sonder dit sou ons almal armer gewees het.

Hierdie boek word eintlik aan julle opgedra met die versoek dat julle dit aan julle kinders en almal wat die omgewing met mekaar deel of gedeel het, nalaat. Dit met die wete dat as ‘n mens nie weet waar jy vandaan kom nie, jy ook nie sal weet waarheen jy gaan nie.

Pieter Scholtz

(Voorsitter : Gedenkboek komitee)

Gansbaai, ’n Besonderse Streek en sy Mense, is ’n onbeskryflike leeservaring en ’n boek wat in elke huis en boekrak hoort.  Bestel jou boek by Gansbaai Toerisme of besoek www.xplorio.com/gansbaai vir meer inligting en foto’s.  Word een van die eerste 250 gelukkige persone wat ’n genommerde en getekende boek gaan ontvang!  Jy kan’n Geskenkbewys van R300 by Die Toerismekantoor in Gansbaai koop wat aan die persoon van jou keuse ’n boek gaan besorg, of as 'n Kersgeskenk.

Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense

Pieter Scholtz

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles