Kwaskenades se Ubuntu

Kwaskenades se Ubuntu

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “A person is a person through other persons”, lui die woorde op ‘n plakaat tydens die amptelike opening van Kwaskenades se Ubuntu-kunsuitstalling in Gansbaai Toerisme se konferensiesaal. “Ek het besef ek begin ouer word en het gewonder wat kan ek doen,” vertel Olga Swanepoel, organiseerder van die kunsuitstalling. “Toe dink ek aan Ubuntu en aan die begin van die jaar het ek die gedagte met my kunsstudente bespreek en hulle het entoesiasties saamgewerk.

Julia Barlow van die Lighthouse Tavern was seremoniemeester en het die eregaste, waarby Overstrandse Uitvoerende Burgemeester as gasspreker ingesluit was, verwelkom, asook die kunstenaars en ander gaste wat die aand ondersteun het. Olga het gesê “Ubuntu” is ‘n Zoeloe-woord wat “meelewing, respek, broederliefde, omgee, deernis en empatie” beteken en al die skilderye in hierdie spesiale uitstalling stel Ubuntu as tema voor. By elke skildery is die kunstenaar se uniek storie wat van een of meer van Ubuntu se betekenisse weergee. Sowat 16 van Olga se studente het deelgeneem, asook 4 gaskunstenaars, Dries en Susan van Heerden, Rentia van Jaarsveld en Benita Terblanche, Olga se dogter.

Raadsdame Botha-Guthrie het in haar toespraak na die Engelse weergawe van Ubuntu verwys: “People are people through other people”. “Ubuntu spreek die universele konsep van menslikheid aan en herinner ons daaraan om die belangrikheid van die gemeenskap te erken en samewerking na te streef - maar belangriker nóg is dit ontmoedig eiebelang,” het sy gesê. “Ek beskou Olga as ‘n waardige draer van my Burgemeesterstoekenning aan haar ‘n tyd gelede en is baie trots op haar.” Op haar beurt het Olga pragtige blommeruiker-mandjies aan Raadsdame Botha-Guthrie en Julia Barlow, haar regterhand in die organisering van die uitstalling, oorhandig. John Jacobs het die bedankings hanteer en alle borge is bedank.

Die unieke Ubuntu kunsuitstalling duur nog net tot eerskomende Saterdag, 19 Desember en almal kan aangemoedig word om dit te besoek - dit is uniek, professioneel en alles gaan vir ‘n goeie doel, asook die geluktrekkingskaartjies teen R10 vir die wen van ‘n pragtige skildery. “Alle winste van ons verkope gedurende hierdie tyd gaan aan Elim Kinderhuis en Silwerjare Dienssentrum en indien iemand nie ‘n skildery kan bekostig nie - daar is ‘n donasiekissie vir bydraes aan hierdie twee organisasies,” het Olga gesê.

Hardus Botha

Kwaskenades se Ubuntu

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Looking for the perfect Christmas gift?

Komtessa Boutique
Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Discover the fascinating world of fynbos pollinators.

Grootbos Foundation
7 Days to Christmas: Start with Love

7 Days to Christmas: Start with Love

Start by being what you want to see in your family.

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

To help with the adoption of 5 gorgeous puppies, STERITHON teamed up with BARC Animal Welfare.

Fostering Animals
Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Inspecting, Servicing, and Restoring Pumps.  

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Merry Christmas from Tanzanites and Diamonds of Hermanus.  

See All Articles