Kwaskenades se Ubuntu

Kwaskenades se Ubuntu

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “A person is a person through other persons”, lui die woorde op ‘n plakaat tydens die amptelike opening van Kwaskenades se Ubuntu-kunsuitstalling in Gansbaai Toerisme se konferensiesaal. “Ek het besef ek begin ouer word en het gewonder wat kan ek doen,” vertel Olga Swanepoel, organiseerder van die kunsuitstalling. “Toe dink ek aan Ubuntu en aan die begin van die jaar het ek die gedagte met my kunsstudente bespreek en hulle het entoesiasties saamgewerk.

Julia Barlow van die Lighthouse Tavern was seremoniemeester en het die eregaste, waarby Overstrandse Uitvoerende Burgemeester as gasspreker ingesluit was, verwelkom, asook die kunstenaars en ander gaste wat die aand ondersteun het. Olga het gesê “Ubuntu” is ‘n Zoeloe-woord wat “meelewing, respek, broederliefde, omgee, deernis en empatie” beteken en al die skilderye in hierdie spesiale uitstalling stel Ubuntu as tema voor. By elke skildery is die kunstenaar se uniek storie wat van een of meer van Ubuntu se betekenisse weergee. Sowat 16 van Olga se studente het deelgeneem, asook 4 gaskunstenaars, Dries en Susan van Heerden, Rentia van Jaarsveld en Benita Terblanche, Olga se dogter.

Raadsdame Botha-Guthrie het in haar toespraak na die Engelse weergawe van Ubuntu verwys: “People are people through other people”. “Ubuntu spreek die universele konsep van menslikheid aan en herinner ons daaraan om die belangrikheid van die gemeenskap te erken en samewerking na te streef - maar belangriker nóg is dit ontmoedig eiebelang,” het sy gesê. “Ek beskou Olga as ‘n waardige draer van my Burgemeesterstoekenning aan haar ‘n tyd gelede en is baie trots op haar.” Op haar beurt het Olga pragtige blommeruiker-mandjies aan Raadsdame Botha-Guthrie en Julia Barlow, haar regterhand in die organisering van die uitstalling, oorhandig. John Jacobs het die bedankings hanteer en alle borge is bedank.

Die unieke Ubuntu kunsuitstalling duur nog net tot eerskomende Saterdag, 19 Desember en almal kan aangemoedig word om dit te besoek - dit is uniek, professioneel en alles gaan vir ‘n goeie doel, asook die geluktrekkingskaartjies teen R10 vir die wen van ‘n pragtige skildery. “Alle winste van ons verkope gedurende hierdie tyd gaan aan Elim Kinderhuis en Silwerjare Dienssentrum en indien iemand nie ‘n skildery kan bekostig nie - daar is ‘n donasiekissie vir bydraes aan hierdie twee organisasies,” het Olga gesê.

Hardus Botha

Kwaskenades se Ubuntu

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles