Elim Huis se Kerspartytjie

Elim Huis se Kerspartytjie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Dit is nou die tweede jaar wat ek ‘n Kerspartytjie vir Gansbaai Elim Huis reël en hierdie een is net so ‘n groot vreugde soos die vorige een en dit is om die kindertjies met hulle opgewonde gesiggies te kan aanskou,” vertel Marie Reid van Marie’s Boutique, Art & Beauty Shop in Kerkstraat, Gansbaai wat as hoofborg vir die Kerspartytjie optree.

Sy is ondersteunend bygestaan deur haar lewensmaat, Thys Fourie. Thys het behoorlik bontgestaan met die voorbereiding van onder andere egte boereworsrolletjies, wat terdeë saam met nagereg, sappe en lekkers geniet is. Elke kind het ook ‘n geskenk ontvang en die handjies kon nie vinnig genoeg beweeg om self hulle pakkies oop te maak nie, al is dit moeilik vir sommige van hulle, aangesien die meerderheid van hulle een of ander vorm van gestremdheid het - wat geensins ‘n negatiewe invloed op die opregte genot van die Kerspartytjie gehad het nie. “Ek bedank graag vir U-Safe en Hungry Lion vir hul borgskappe vir die Kerspartytjie,” sê Marie, wat die res van die benodigdhede vir die ete, lekkers en dies meer self geborg het.

Gansbaai Elim Huis is op 23 Augustus 2014 amptelik geopen, nadat ‘n behoefte bepaling gedoen is en val onder toesig van Joanne Swart van Elim Tehuis in Elim. Tans is daar 21 kinders, met 4 personeellede. Belangstellendes en/of voornemende ondersteuners en borge, kan Gansbaai Elim Huis tydens besoekure (daagliks tussen 10:30 en 11:30) besoek om hulself van die aktiwiteite en kwaliteit versorging van die kinders te vergewis.

Vir enige navrae kan Marie Reid by 083-310-1733 geskakel word, of skakel vir Joanne Swart in Elim by 028-482-1988 of 072-109-1203.

Hardus Botha

Elim Huis se Kerspartytjie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles