Dangerpoint Halfmarathon

Dangerpoint Halfmarathon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is weer amper dié tyd van die jaar waar vele drawwers angstig op Gansbaai Lions se Oujaarsdag Romansbaai Ontwikkeling/Dangerpoint Halfmarathon wag. “Almal word hartlik uitgenooi om aan die Dangerpoint Halfmarathon, ons laaste halfmarathon vir die jaar, deel te neem,” sê Jan le Roux van Gansbaai Lions. “Hierdie marathon vind plaas langs ‘n skilderagtige roete met ‘n pragtige uitsig oor die hele Walkerbaai, omring deur die Kaapse berge in die verte.”

Hierdie jaarlikse roete is uniek en strek soms tot aan die hoogwatermerk langs die kus waar die Birkenhead gestrand het, asook die speelplek van die Groot Withaai en die Noordkapper walvis. Die wedloop vind op Donderdag, 31 Desember 2015 plaas en deelnemers kan kies uit ‘n 21.1km halfmaraton, ‘n 10km draf of ‘n 5km pretloop. Die onderskeie afstande begin om 07:00, 07:30 en 08:00 by Laerskool Gansbaai se sportgronde, waar dit ook eindig. Inskrywingsvorms is by Gansbaai Toerisme langs die Gansbaai Superspar kompleks beskikbaar.

Deelnemers kan egter ook op Woensdag, 30 Desember 2015 vanaf 16:00 by die laerskool se sportgronde registreer, of gedurende die oggend voor die marathon vanaf 05:00. Inskrywingsfooie beloop onderskeidelik R60.00 (halfmarathon), R40.00 (10km) en R30.00 (pretloop). Waterpunte sal oral langs die roete beskikbaar wees. Alle deelnemers sal na afloop van die wedlope medaljes ontvang.

“Ons doen veral ‘n beroep op die inwoners en kuiergaste om die 5km pretloop te ondersteun - bring die hele familie en al julle vriende - daar sal ook “Lucky draws” wees,” sê Jan. “Dit is die 16de keer wat die halfmarathon deur die Lions Klub Gansbaai aangebied word en is een van ons groot fondsinsamelings-projekte.” Hy sê alle fondse wat ge-in word, word weer in die gemeenskap teruggeploeg. “Ons maak staat op julle ondersteuning.”

Vir verdere inligting kan die Lionpresident, Boats van Staden by 072-789-3627 geskakel word. Vanjaar se hoofborg (vir die 2de keer), is Dave Mostert van Romansbaai Ontwikkeling.               

Hardus Botha

Dangerpoint Halfmarathon

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles