Mej SA Finalis ou Gansbaaier

Mej SA Finalis ou Gansbaaier

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Een van Mej Suid-Afrika se 2016 Finaliste, Marciel Hopkins (22) van die Paarl, ken hierdie wêreld reeds van kindsbeen af en is tans met vakansie in Franskraal. “Ons familie hou al 20 jaar hier vakansie. My oupa, Henry Hopkins, het oorspronklik ‘n huisie in Uilenkraalsmond Vakansie-oord gehad, maar nou het my ouers, Charles en Annaline Hopkins, 'n strandhuis in Franskraal,” vertel Marciel. “Ek is wel hier om te rus en saam met my familie te ontspan, maar dit beteken nie dat ek niks moet doen nie en daarom sal ek graag by enkele gebeure in Gansbaai betrokke wil raak.”

Marciel het dus van kleins af hier vakansie gehou en sy onthou nog hoe primitief haar ma haar badwater vir haar moes warm maak. In 2014 het Marciel haar BA Drama-graad aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi, waar sy ook Primaria van die dameskoshuis, Huis ten Bosch in Stellenbosch was. Aan die einde van 2015 het hierdie aantreklike slimkop ook haar Sielkunde Honneurs te Stellenbosch verwerf. Gedurende die jaar het sy ook as vrywilliger beroepsvoorligting in Kayamandi vir Gr 9 leerders aangebied. “My passie in die lewe is opvoeding en die ontwikkeling van vaardighede en my belangrikste boodskap aan Suid-Afrika se vroue is: Moet nooit beperkinge vir jouself stel nie, droom groot en werk hard om dit ‘n realiteit te maak!”                                               

Marciel het haarself beskeie aan Gansbaai Courant bekendgestel en gemeld dat sy graag iewers betrokke wil raak. Groot fout, want sy ken Gansbaai nie goed genoeg nie - skielik moes sy etlike dagboekaantekeninge maak: beoordeling van Mnr en Mej Uilkraal, medalje-oorhandigings by Gansbaai Lionsklub se Oujaars-Halfmarathon, besoeke aan Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, Gansbaai Toerisme en die Kersmark en dalk nog meer. Gansbaai Courant het ook met Dyer Island Cruises van Wilfred Chivell gereël vir ‘n eko-walvisbesigtingings bootrit. Alle sterkte word Marciel vir 19 Maart 2016 toegewens wanneer Mej Suid-Afrika 2016 aangewys sal word - Gansbaai sien uit na ‘n Mej Suid-Afrika wat so goed bekend is met die omgewing hier.                                                                    

Hardus Botha

Mej SA Finalis ou Gansbaaier

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles