Mej SA Finalis ou Gansbaaier

Mej SA Finalis ou Gansbaaier

Gansbaai Courant

Een van Mej Suid-Afrika se 2016 Finaliste, Marciel Hopkins (22) van die Paarl, ken hierdie wêreld reeds van kindsbeen af en is tans met vakansie in Franskraal. “Ons familie hou al 20 jaar hier vakansie. My oupa, Henry Hopkins, het oorspronklik ‘n huisie in Uilenkraalsmond Vakansie-oord gehad, maar nou het my ouers, Charles en Annaline Hopkins, 'n strandhuis in Franskraal,” vertel Marciel. “Ek is wel hier om te rus en saam met my familie te ontspan, maar dit beteken nie dat ek niks moet doen nie en daarom sal ek graag by enkele gebeure in Gansbaai betrokke wil raak.”

Marciel het dus van kleins af hier vakansie gehou en sy onthou nog hoe primitief haar ma haar badwater vir haar moes warm maak. In 2014 het Marciel haar BA Drama-graad aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi, waar sy ook Primaria van die dameskoshuis, Huis ten Bosch in Stellenbosch was. Aan die einde van 2015 het hierdie aantreklike slimkop ook haar Sielkunde Honneurs te Stellenbosch verwerf. Gedurende die jaar het sy ook as vrywilliger beroepsvoorligting in Kayamandi vir Gr 9 leerders aangebied. “My passie in die lewe is opvoeding en die ontwikkeling van vaardighede en my belangrikste boodskap aan Suid-Afrika se vroue is: Moet nooit beperkinge vir jouself stel nie, droom groot en werk hard om dit ‘n realiteit te maak!”                                               

Marciel het haarself beskeie aan Gansbaai Courant bekendgestel en gemeld dat sy graag iewers betrokke wil raak. Groot fout, want sy ken Gansbaai nie goed genoeg nie - skielik moes sy etlike dagboekaantekeninge maak: beoordeling van Mnr en Mej Uilkraal, medalje-oorhandigings by Gansbaai Lionsklub se Oujaars-Halfmarathon, besoeke aan Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, Gansbaai Toerisme en die Kersmark en dalk nog meer. Gansbaai Courant het ook met Dyer Island Cruises van Wilfred Chivell gereël vir ‘n eko-walvisbesigtingings bootrit. Alle sterkte word Marciel vir 19 Maart 2016 toegewens wanneer Mej Suid-Afrika 2016 aangewys sal word - Gansbaai sien uit na ‘n Mej Suid-Afrika wat so goed bekend is met die omgewing hier.                                                                    

Hardus Botha

Mej SA Finalis ou Gansbaaier

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles