Gansbaai se Vriendelikheid

Gansbaai se Vriendelikheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Toerisme het onlangs weer ‘n beeld van absolute vriendelikheid laat uitstraal met hulle jaarlikse “Vriendelike Padblokkade” wat lankal reeds ‘n instelling geword het.

“Aggenee, wat het ek aangevang of waarom keer die verkeersman my nou af, ek kan nie aan iets dink wat ek verkeerd gedoen het nie,” staan duidelik op die meerderheid van motorbestuurders se gesigte “geskryf” wanneer hulle deur die verkeersmanne afgetrek word. Hulle haal sommer byvoorbaat die bestuurderslisensies uit om te wys. Dan die verassing met die toersmespan wat langs die pad staan en wag: “Hartlik welkom in Gansbaai, julle, hier is ‘n kleinigheidjie vir julle en ons vertrou dat julle ‘n aangename verblyf hier by ons gaan ervaar!” Bekommerde en/of vies gesigsuitdrukkings maak dadelik plek vir breë glimlagte. “Baie dankie! Sjoe, maar julle is ‘n vriendelike klomp mense!”

 Dan ry hulle al waaiende voort met besoekersinligting van besienswaardighede, ‘n “frispie” vir die kinders en dies meer. “Dis waarom ek altyd na Gansbaai sal terugkeer - dis vir die vriendelikheid van die mense,” het een dame-bestuurder gesê. Vanjaar het Gansbaai Toerisme sommer ‘n hele paar jongelinge gekry om te kom help. Hulle het dit terdeë geniet om met ‘n waaiende “Welcome” bordjie kostelike danspassies langs die pad uit te voer. Gansbaai is gedurende November vanjaar as ‘n Wêreldklas Verantwoordelike Toerisme Bestemming in die Wêreld Handelsentrum in London aangewys - ‘n onvergelykbare en trotse prestasie.

Vir vriendelike en kundige ondersteuning kan Gansbaai Toerisme se span by 028-384-1439 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by gansbaaiinfo@telkomsa.net.

Hardus Botha

Gansbaai se Vriendelikheid

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles