En alles wat gevleuel is

En alles wat gevleuel is

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sjoe, dis koud vanaand, dink Uil as hy onder die beskutting van die klipdak invlieg. Gelukkig is daar baie houtbalke en houtstellasies waarop hy kan gaan sit. Ver agter in ‘n donker hoek groet ‘n ander uil en hy antwoord binnesmonds: “Hhmm Hoee.” Uil skud sy lyf om die water van die misreëntjie buite uit sy vere te kry. Hy is nou honger en sy groot oë rol venynig op die vloer rond. Daar is vars strooi op die grond uitgegooi, maar dit is reeds plek-plek oopgetrap deur die melkbok, die skape met hulle lammers, die melkkoei met haar kalf en die twee donkies. Teen die mure hang tuie, rieme en leisels, verweerd en gelas, maar seker nog in werkende toestand. 

Die diere het reeds vroeër die voer in die krip geëet en staan nou half slaperig en herkou. Daar! daar sien hy hom! ‘n Lekker vet rot vreet sy laaste avondmaal voordat die uil se kloue hom opraap. Aan die oorkant klap die ander uil sy vlerke  uit pure frustrasie, want hy het dieselfde happie in die oog gehad.  Hy is al heeldag geïrriteerd, want daar is iets in die lug wat hy nie kan peil nie. En ‘n uil moet weet; ‘n uil is die slimste van die diere, maar hy weet nie en dit pla hom. Dan moet hy nog in ‘n plek oornag wat stink van al die mis op die grond. Die dikgevrete uil doer oorkant, dra ook nie by tot sy geesteswelstand nie. Sy onrustigheid groei by die sekonde. Opeens hoor hy stemme buite. Die herbergier lei ‘n donkie onder die dak in. ‘n Vrou sit inmekaargevou bo-op die donkie terwyl ‘n man langsaan loop en haar probeer gerusstel. Die herbergier stoot ‘n klomp strooi op ‘n hoop in die een hoek van die stal en gooi ‘n gestreepte kombers bo-oor. Dan  trek hy die los krippie waarby die lammers geëet het, ook nader, maak dit vol strooi en sit ‘n paar wit linnelappe binne-in. 

Beide die uile sit hierdie toneeltjie met skewe koppe en aankyk. Die man het die vrou nou afgehelp van die donkie se rug af. Sy kreun en huil en hou haar maag vas. Skielik skreeu sy van pyn. Die herbergier hardloop na buite en minute later kom sy vrou binne met ‘n waterkruik en erdeskottel in haar arms. Die onrustige uil fladder sy vlerke, maar niemand neem van hom notisie nie. Deur die klein vensteropeninkie kom ‘n flou lig te voorskyn. Dit skyn al helderder en skuif geheimsinnig oor die donker vloer totdat dit tot stilstand kom reg bokant die man en vrou en die krip. Selfs toe die bang uil bo-oor hulle swiep om styf langs die ander uil te gaan sit, kyk hulle nie eens op nie. “Wat gaan aan....wat gaan aan?” vra die verskrikte uil vir die ander een. “Dit is niks om voor bang te wees nie. Dit is die koms van die groot Koning wat ons nou gaan aanskou. “Ko..ning, kooo..ning? 

Leeu is mos koning en Herodes is koning, wat praat jy van nog ‘n koning?” Uil  grim en plaas een vlerk rondom sy ongelowige maat. “Luister, luister mooi” sê hy. Veraf hoor hulle iets wat klink soos ‘n gesuis uit die lug, maar soos dit naderkom, hoor hulle die mooiste stemme wat sing “Ere aan God in die hoogste hemele.” Bang uil bewe. “W..w..w..at kom vannag oor ons, ons moet hier uit!” Terwyl die vrou haar nuwe baba omhoog hou, begin die koor buite saam met trompetgeskal sing: ‘Hark the herald angels sing, glory to the newborn King. Peace on earth..”

Die donkies begin balk, die koei roep haar kalf, die lammertjies begin rondom hulle ma’s huppel en die bok staan nuuskierig nader. “Bê-ê-ê” bler sy toe sy sien die baba wat in die krip lê swaai sy handjies in die lug rond. In die deuropening verskyn skaapwagters. “Ons het die ster tot hier gevolg en ons kom om Hom te loof.”  Die atmosfeer in die stal het heeltemal verander. Bang uil is nie meer bang nie. Hy is verwonderd en klap sy vlerke teenmekaar. “Hoe Hmm! Ek moet dit glo! Ek het die Koningskind gesien!” juig hy terwyl hy na buite vlieg om die storie aan die wêreld te gaan vertel.

Carine Badenhorst

En alles wat gevleuel is

Carine Badenhorst

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles