Family Church waardeer Koor

Family Church waardeer Koor

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Kort ná die afsluiting van die NG Kerkkoor se jaar, is hulle genader vir optrede by Gansbaai Family Church. Die beskikbare koorlede het ingestem en bygedra tot ‘n puik erediens. Hulle het soveel koorliedere gesing dat dit bykans die atmosfeer van ‘n Kerssangdiens geskep het. Soos oudergewoonte het die koor onder leiding van Aletta Lochner as dirigent en Annaline Reinke as begeleier opgetree. Jack White met sy trompet, asook Chris van Zyl met sy kitaar het verdere luister aan die erediens verleen. Chris Thompson van die gemeente het die verwelkoming behartig en daarna vir past Gavin Leverton van Kaapstad aan die woord gestel.

“Dit is interessant dat die koor verlede jaar ook hier opgetree het toe ek die boodskap gebring het,” het past Leverton gesê. “Ek is baie lief vir koorsang en dan roep Jack se trompet ook vele herinneringe by my op, aangesien ek op skool trompet in die skoolorkes gespeel het.” Past Leverton het sy boodskap op ‘n insiggewende wyse vanuit ‘n ander hoek aangebied. “Almal ken die verhaal voor en na Kersfees (geboorte van Christus),” het hy gesê. “Dit is egter belangrik om reeds met Christus se geboorte op sy wederkoms te fokus, dit is waarom een van sy name Verlosser is. Indien ‘n mens na die wêreld kyk, is dit ‘n hartseer plek om in te woon.” Hy het die skeiding tussen God en mens uitgelig wat reeds in die paradys begin het.

“Met Christus se koms word die geleentheid geskep om God en mens weer nader aan mekaar te kry en al wat ons nodig het om gered te word, is die genade van God. Dus mag ons nie toelaat dat enige iets anders die Kersboodskap oorskadu nie.” Die koor het met Stille Nag, Heilige Nag afgesluit, waarna daar gesellig saamverkeer is met heerlike verversings. Besoekers is welkom om Gansbaai Family Church se Eredienste om 09:00 by te woon, asook hulle Kersdiens om 09:00 op Kersdag.

Navrae kan aan John Collings by 028-384-3820 gerig word.

Hardus Botha

Family Church waardeer Koor

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles