’n BUITEN-gewone nag! ’n BUITEN-gewone lewe!

’n BUITEN-gewone nag! ’n BUITEN-gewone lewe!

Gansbaai Courant

“Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die HERE! En dit is vir julle die teken: Julle sal ‘n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ‘n krip lê.”  (Luk. 2:11,12)

Dit was ‘n doodgewone nag met doodgewone skaapwagters en doodgewone skape. Alles gebeur in ‘n doodgewone dorpie met ‘n doodgewone jong vrou wat swanger is en haar doodgewone ambagsman. Alles doodgewoon – dalk net soos wat jy nou ‘n doodgewone lewe lei met doodgewone mense om jou.  En as dit nie was dat GOD die “doodgewone “ verander het in ‘n “buitengewone” nie, sou die nag daar in Betlehem ook ongesiens verby gegaan het. Die skape sou vergete gewees het, en die skaapwagters sou die nag deur geslaap het.

Maar GOD dans te midde van die doodgewone. En daardie nag het Hy ‘n wals gedans. Sy engele het die lied van vrede en blydskap gesing en GOD het gejuig. Die donker nag het ontplof met ‘n skitterende ligglans. Bome wat in die donker was het meteens helder uitgestaan. Skape wat stil was het ‘n koor van nuuskierigheid geword. Die een oomblik was die skaapwagter nog vas aan die slaap en die volgende oomblik het hy in die gesig van ‘n engel vasgekyk. Die nag sou nie meer doodgewoon kon wees nie!

Die engel van GOD kom in die nag wanneer ligte die beste sigbaar is en ons dit die meeste nodig het. GOD verander die doodgewone in die buitengewone.

Sy kragtigste werking gebeur waar jy dit die nodigste het.

Selfs al dink jy alles in jou lewe is doodgewoon en alles is donker rondom jou, kan GOD dit enige tyd in die buitengewone verander en dit met Sy teenwoordigheid verlig. Sy Seun Jesus Christus is die duidelikste bewys daarvoor. As jy Hom ken en bely as jou Verlosser, jou HERE, jou Meester, dan moet jy dit weet. Niks in jou lewe is meer doodgewoon nie. Alles wat jy het en is en doen word buitengewoon as GOD se lig daarop val. Hy verwyder die ‘dood’ uit doodgewoon en verander dit in “buitengewoon” – onbeskryflik “wonderlik!”

Mag jy hierdie Kerstyd die geleentheid aangryp om ‘n buitengewone lewe te begin lei. Doen die buitengewone deur aan almal om jou drukkies van liefde en vriendskap uit te deel. Ja, veral aan die mense wat jy lank vermy het of dalk nooit  aan dink as jou naaste nie. Begin om buitengewoon te wees deur te bid vir jou vyande en dié wat jou tenagekom het. Gee al meer van wat jy het weg aan dié wat in nood is en die buitengewone sal in jou lewe gebeur: Jy sal buitengewone vreugde en vrede belewe – GOD sal daarvoor sorg. Maak meer tyd om saam met GOD stil te word en ervaar hóé buitengewoon ons Hemelse Pappa is! Jy sal nie kan glo hoe buitengewoon baie Hy jou in  hierdie  Kerstyd  wil  seën  nie.  Dit  is  regtig  BUITEN-gewoon!  Ons GOD is BUITEN-gewoon!

Liefde en vrede aan julle almal.

’n BUITEN-gewone nag! ’n BUITEN-gewone lewe!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles