Altyd lekker op die see

Altyd lekker op die see

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Geelbek, kabeljou, hotties, roman, witstompneus, elf, makriel, kreef en sommer ‘n paar ander ook. Hoe klink dit? Indien jy op die regte plekke met jou boot gelê het, het jy beslis van hierdie goed gevang. Ek wil beklemtoon dat indien jy nie in die omgewing van Joubert se Dam was nie, die kanse baie groot was dat jy wel droëbek sou terugkeer. Vrydag was die waterremperatuur 17 grade, wat dit (amper maar nog nie!), te warm gemaak het. Nogtans het die vis aan die byt gegaan nadat die “fishfinder” die afgelope paar dae gewemel het van die baie vis maar geweier het om te byt. Skielik kan jy die vis sommer met die blote oog sien waar dit vlak onder jou deurswem. Die logiese vraag is, wat het dit teweeg gebring? Ek het gedink ons kort ‘n ordentlike storm voor dit sal gebeur. Eienaardig  --  maar wie kla? Hou in gedagte dat, soos hierbo gemeld, indien jy nie op die “regte” plekke lê nie jy steeds sal wonder waar die vis dan is. Daar word voorspel dat die water maar omgekrap sal wees in die groot dae wat die storie weer mag verander. Hopelik ten beste.

Verlede week was daar ‘n paar dae waarin die weer en ook die see idaal was vir ‘n boot en dit was ‘n algemene gesig om van die kleinkinders met oupa en pa aan boord te sien   --  en hier en daar ook vir ma (of was dit ouma?). Jy weet dis nie mense van hierdie omgewing nie want hulle het ‘n knorhaan in ‘n net en wil weet of hierdie dierasie eetbaar is  --  en wat is dit, in elk geval! Ai, dis lekker om te sien hoe die familie hierdie hengeldinge saam geniet. Ek self het die voorreg gehad om ‘n paartjie saam te neem see toe wat nie aldag hierdie kans kry nie en dit was baie lekker om die dag saam met hulle te geniet, en boonop ‘n paar vissies te vang. Ons maak beslis weer so.

Geniet die groot dae, respekteer die ander, hou die omgewing skoon en hou asb altyd veiligheid in gedagte.

Tot volgende keer, Seemeeu

Altyd lekker op die see

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Looking for the perfect Christmas gift?

Komtessa Boutique
Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Discover the fascinating world of fynbos pollinators.

Grootbos Foundation
7 Days to Christmas: Start with Love

7 Days to Christmas: Start with Love

Start by being what you want to see in your family.

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

To help with the adoption of 5 gorgeous puppies, STERITHON teamed up with BARC Animal Welfare.

Fostering Animals
Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Inspecting, Servicing, and Restoring Pumps.  

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Merry Christmas from Tanzanites and Diamonds of Hermanus.  

See All Articles