Altyd lekker op die see

Altyd lekker op die see

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Geelbek, kabeljou, hotties, roman, witstompneus, elf, makriel, kreef en sommer ‘n paar ander ook. Hoe klink dit? Indien jy op die regte plekke met jou boot gelê het, het jy beslis van hierdie goed gevang. Ek wil beklemtoon dat indien jy nie in die omgewing van Joubert se Dam was nie, die kanse baie groot was dat jy wel droëbek sou terugkeer. Vrydag was die waterremperatuur 17 grade, wat dit (amper maar nog nie!), te warm gemaak het. Nogtans het die vis aan die byt gegaan nadat die “fishfinder” die afgelope paar dae gewemel het van die baie vis maar geweier het om te byt. Skielik kan jy die vis sommer met die blote oog sien waar dit vlak onder jou deurswem. Die logiese vraag is, wat het dit teweeg gebring? Ek het gedink ons kort ‘n ordentlike storm voor dit sal gebeur. Eienaardig  --  maar wie kla? Hou in gedagte dat, soos hierbo gemeld, indien jy nie op die “regte” plekke lê nie jy steeds sal wonder waar die vis dan is. Daar word voorspel dat die water maar omgekrap sal wees in die groot dae wat die storie weer mag verander. Hopelik ten beste.

Verlede week was daar ‘n paar dae waarin die weer en ook die see idaal was vir ‘n boot en dit was ‘n algemene gesig om van die kleinkinders met oupa en pa aan boord te sien   --  en hier en daar ook vir ma (of was dit ouma?). Jy weet dis nie mense van hierdie omgewing nie want hulle het ‘n knorhaan in ‘n net en wil weet of hierdie dierasie eetbaar is  --  en wat is dit, in elk geval! Ai, dis lekker om te sien hoe die familie hierdie hengeldinge saam geniet. Ek self het die voorreg gehad om ‘n paartjie saam te neem see toe wat nie aldag hierdie kans kry nie en dit was baie lekker om die dag saam met hulle te geniet, en boonop ‘n paar vissies te vang. Ons maak beslis weer so.

Geniet die groot dae, respekteer die ander, hou die omgewing skoon en hou asb altyd veiligheid in gedagte.

Tot volgende keer, Seemeeu

Altyd lekker op die see

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles