Op Saterdag 19 Desember het o.m.G.e.e Bediening hulle eerste amptelike gholfdag aangebied by Kleinbaai Gholfklub. Die reaksie van die bestuur van die gholfklub, asook die samewerking van die borge en ondersteuners was ’n riem onder die hart. Ons sê baie, baie dankie. Aanstaande jaar doen ons dit weer! Deon en Linda Kloppers wil graag die volgende borge van die individuele gate hartlik bedank: Omega Ondernemings, Gansbaai Courant, Kleinzee Gastehuis, Suidsee Satelliet en Jan Koekemoer.
Die pryse vir die spelers is geskenk deur Marine Dynamics (1ste prys); Rosemary’s Restaurant (2de prys); Blue Goose Restaurant (3de prys). Die res van die pryse is deur die volgende instansies geborg: Strandveld Slaghuis; Pieterdeon Interiors; OK Gansbaai; Guiseppe’s Pizzeria; Groeneweide Restaurant; Dyer Island Visserye; Tolbos Restaurant; The Fish Lady; Fish Barrel; SPAR; U-Save; Hermanus Blue Bottle Liquors; Liquorland Gansbaai; Gansbaai Discount Liquors; Kleinbaai Drankwinkel en Ben Parsons met verskeie wynbottels wat hy spesiaal by kelders in die Kaap gekry het. Dankie ook aan Wally wat ons 2 pragtige Gholf-hemde geskenk het.
Ons wens julle almal ’n baie geseënde en vredevolle Kerstyd toe.
Deon en Linda Kloppers