Gansbaai Courant tot u Diens

Gansbaai Courant tot u Diens

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Na bykans 17 jaar ervaar Gansbaai Courant steeds die ondersteuning van die gemeenskap, asook die sakesektor. Danksy hierdie vertroue is die Courant in staat gestel om ‘n ware inklusiewer gemeenskapskoerant te wees. Die lief en leed, sowel as prestasies, gemeenskapsdiens en ontspanning word weekliks dwarsdeur die jaar met lesers gedeel.

Die bydraes van kultuur, diens- en sportliggame word ook getrou ingestuur vir plasing. Ons rubriekskrywers, Carine Badenhorst se “Suikerbrood & Suurvye” en Seemeeu se “Seedinge” is ook baie gewild. Deon Kloppers se “Uit die Woord” is geseӫnd en baie word daardeur geraak.

Wat die Courant se diens aan die gemeenskap betref, is daar talle liefdadigheids-instansies wat gratis advertensies kry en ander soos kerke en skole teen ‘n afslagtarief. Die diere van Barc betaal ook nie. Verder word foto’s van geleenthede, artikels en collages gratis geplaas.

Die Courant is lid van ABC Grassroots wat die hoeveelheid koerante wat gedruk word moniteer. Dit verseker dat adverteerders weet wat die oplaag is en waarde vir geld kry.

Volgens ABC is die Courant se gemiddelde oplaag oor die afgelope 6 maande 1650 koerant per week. In seisoentyd verhoog dit tot 2000. Drukmedia SA aanvaar sowat 5 lesers per koerant en dit bring die gemiddelde leserstal op 8250 per week. Die verkoopsyfers toon dat byna die volle oplaag per week verkoop word. Anders as koerante en advertensie-blaadjies wat verniet uitgedeel word sonder ‘n bewys van trefkrag óf hoeveelhede wat deur ABC getoets word. Goedkoper advertensies kan dus so baie duur wees.

Om adverteerders tegemoet te kom, maak die Courant nooit toe nie en is dwarsdeur die jaar elke week beskikbaar. Dit is ook goed vir die dorp, want vakansietye is juis die tyd om ons vakansiehuis-inwoners en ander gaste in te lig oor watter goeie bestemming Gansbaai is.

Vir diegene wat nie plaaslik is nie en so ver as oorsee woon kan berigte ook op die Explorio webwerf by http://www.gansbaai.com/gansbaai-courant/ ’n week later gelees word.

Francois de Jongh

Gansbaai Courant tot u Diens

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles