Met alle eer aan ons Hemelse Vader vir sy seën, leiding en liefde teenoor Herberg-aan-See, asook die enorme betrokenheid deur u as gemeenskap, was dit weer ‘n jaar waarin ons ons visie kon bereik: ‘n veilige hawe van deernis en persoonsgerigte versorging aan al ons bejaardes in die Tehuis. Baie dankie aan alle individue, organisasies en besighede wat elk op sy eie manier op vele gebiede betrokke was. Sonder daardie wonderlike ondersteuning sal die bedryf van die Tehuis nie moontlik wees nie.
Ons “Huisgesin” in die Tehuis, die Ooms en die Tannies, is baie spesiaal en indien u nog nie betrokke is nie, nooi ons u graag uit om in toekoms in die onder-steuning van die Tehuis te kom deel. Ons vertrou u het ‘n Wonderlike Kersdag ervaar, met ‘n baie Voorspoedige Nuwe Jaar aan elkeen van u. Mag al u drome in 2016 bewaarheid word!
John van Rooyen, (Bestuurder)