Stranddiensspan is Tops

Stranddiensspan is Tops

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Stranddiensspan wat jaarliks ‘n groot verskeidenheid van aktiwiteite te Uilenkraalsmond Vakansie-oord aanbied, kan met reg as “Tops” beskryf word. Vanjaar het hulle weer eens ‘n vol program vanaf 14 - 31 Desember 2015 aangebied, waarna hulle op 2 Januarie 2016 vanaf 11:00-11:30 sal groet voordat hulle weer na hul onderskeie bestemmings vertrek. Aktiwiteite vir die jongmense soos speletjies, koffiekroeë, poppekasvertonings, strandkasteelkompetisie, boeresport, die aanwys van Mnr en Mej Uilkraal en veel meer, te veel om op te noem, is aangebied. Tydens die NG-gemeente se Kersdiens het hulle, ongeag dat Kersdag hul afdag was, ingestem om vir die klank by die Uile Kroeg in te staan. Richard Mouton en Henko van Zyl het vroegoggend reeds alles in gereedheid gebring en na afloop van die twee dienste weer hul toerusting gaan haal.

Tydens hierdie diens het Pieter van der Merwe, musiekdosent van Kleinbaai vrywillig ingewillig om die klawerbord te speel, met Jason Blunden en Lezelle Jacobs van die Uile Kroeg wat goedgunstiglik die saal beskikbaargestel het en stoele uitgepak het. Dan het die Stranddienstespan se Potjiekos Kompetisie ook suksesvol verloop. Die kompetisie is by Uilenkraalsmond aangebied, waar hierdie jaarlikse gedugte span hul verskeidenheid van aktiwiteite aanbied. Die wenners was Handri en Renata, met Sylvana Janse van Rensburg in die 2de plek en die Duppies in die 3de plek. Bravo aan die Stranddienstespan onder leiding van Günther Hüsselmann en bygestaan deur Shirné Nel en Henro Vorster. Julle sal altyd meer as welkom hier wees!

Hardus Botha

Stranddiensspan is Tops

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles