“Laat U Koninkryk kom. Laat U Wil geskied”

“Laat U Koninkryk kom. Laat U Wil geskied”

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word; laat U koninkryk kom; laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood.”  (Mat 6:9-11) 

Hier aan die einde van 2015 is daar nie ’n beter boodskap vir ons almal as juis die Model-gebed wat Jesus aan ons gegee het nie, naamlik die “Onse Vader.” Ons kan dié gebed elke oggend en aand bid, aan die begin van elke jaar en nou hier aan die einde van nog ’n jaar. Want alles gaan oor GOD se Koninkryk op aarde en Sy Wil wat geskied. Die vraag wat ons kan vra is: Het GOD se Koninkryk gedurende 2015 gekom en het Sy Wil geskied?

JA! En nogmaals JA! Met Jesus se koms na hierdie aarde is GOD se Koninkryk tussen ons gevestig.  Jesus en Sy verlossing is GOD se persoonlike Koninkryk tussen ons. Verder is dit ook só dat GOD se Koninkryk op sy duidelikste is waar GOD se Naam geheilig word en Sy Wil geskied. Let mooi op die plasing van “Laat U Koninkryk kom.” Dit word voorafgegaan met die woorde: “Laat U Naam geheilig word,” en opgevolg met die woorde: “Laat U Wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.”  GOD se Koninkryk is ten nouste gekoppel met Sy naam wat deur ons geheilig moet word en Sy Wil wat op aarde moet geskied soos dit reeds in die hemel geskied.

Wat beteken dit vir ons vandag? Eenvoudig dit: Wat GOD belowe het, het gebeur. Hy het Sy Seun na hierdie aarde toe gestuur om ons almal te red. Al lyk dit vir ons asof alles rondom ons tot niet gaan en al wil die magte van die duisternis al GOD se planne omvêrgooi, GOD bly in beheer en Sy Wil geskied. Omstandighede kan nie GOD se Koninkryk vernietig nie! Ook gedurende hierdie afgelope jaar wat baie keer maar stormagtig gelyk het, het GOD se Wil geskied. Ons as gelowiges, kinders van GOD, kan dit maar glo!

Verder moet ons as GOD se ambassadeurs nie een oomblik ophou om die boodskap van Jesus se Verlossing en Versoening uit te dra met ons leefwyse nie. Mense moet in ons optrede kan sien GOD is in beheer en dat Sy koninkryk ook in ons woon. Ons is nie alleen nie. Die Heilige Gees is besig om in ons en deur ons te werk. GOD se krag is in ons. Ons is nie alleen nie. God is en was nog altyd langs ons – veral as alles rondom ons donker lyk, bly Hy die lig. Netso het God gedurende hierdie hele jaar wat verby is, ons gedra en krag gegee om deur alle staande te bly. Het Hy dan nie gesorg dat ons almal ons daaglikse brood kry nie?

Ja! GOD se koninkryk het gekom!  Sy Wil het geskied!  Kom ons loof Sy heilige Naam!

“Laat U Koninkryk kom. Laat U Wil geskied”

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles