Bybelete

Bybelete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 ‘n Interessante Bybelete is onlangs deur o.m.G.e.e. Bedieninge met Tess de Kock as die kok aangebied. Vanaf Genesis 1 tot by Openbaring 22 word daar in feitlik elke hoofstuk in die Bybel melding gemaak van voedsel. Die Bybelse kookkuns is van nature heilsaam. Vegetariese en suiwelgeregte was baie gewild. So ook vars vrugte en groente. Die meeste groente is in hul rou vorm geëet met neute, heuning en joghurt. Pluimvee en vis is meer gereeld voorgesit as rooivleisgeregte. Geraffineerde suiker was nie beskikbaar nie, dus is heuning, dadels en druiwe (rosyne) as versoeters gebruik.

Die geregte wat vir die Bybelete voorberei is, is deeglik nagevors en verskeie resepteboeke, wat oor hierdie aspek handel, is gebruik.

Die spyskaart het bestaan uit ongesuurde brode en heuning-en-uie broodjies wat met groenbotter kruie kaas, bokmelkkaas, groen vye en heuning voorgesit is. Die voorgeregte het bestaan uit ‘n soetsout eiergereg en gebraaide sardiens toegedraai in wingerdblare (dolmades). Hierdie geregte is bedien met ‘n unieke sous wat voorberei is met gekapte dadels en vissmeer. Vir die hoofgeregte is die volgende disse gekies: Persiese joghurt frikadelle op ‘n bed van gars (millet), Teima-mosterd hoenderborsies, komkommerringe gevul met gort en rosyne, lensie en gort bredie, versoete beet met amandels en Bulghar-koringpilaf. Die nagereg het bestaan uit gebakte heuning- en vyekoek voorgesit met heuningroom, heuninggebraaide neute en versoete roosblare. ‘n Eg tradisionele Bybelse wyn is saam met die maaltyd bedien.

Bybelete

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles