Pearly Beach se Hengeltrots

Pearly Beach se Hengeltrots

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Dit was ‘n aand van groot trots en groot dankie-sê”, vertel Philip Fourie, Hengelkaptein van Pearly Beach Rots- en Strand Hengelklub. “Trots op elke hengelaar wat die jaar deelgeneem het, trots op die top-presteerders en trots op die Algehele Klubkampioen vir 2015, Deon Strydom, asook alle ander top-wenners.”

Die geleentheid was die klub se Jaareind- en Prysuitdelingsfunksie. Die res van die toppresteerders was Alida Strydom as Dames Kampioen, Hanco Strydom as Junior Kampioen en Robert Pace as Senior Kampioen. Deon het ook die grootste Kablejou (14.7kg) en die grootste Galjoen (2.6kg) vir die jaar ingeweeg. Ewan Swart het die grootste Steenbras (5.95kg) ingeweeg en Johan de Kock die Swaarste Sak (30.45kg). Hannes Smuts eindig as 2de Algehele Hengelkampioen en Barry Muller as 3de Algehele Hengelkampioen. Barry wen ook die nuwe Blouskuittrofee vir die meeste Galjoen (7) vir die jaar. Hierdie nuwe trofee is die inisiatief van Johan Saayman, ter ere van André Mohr wat vroeër vanjaar oorlede is.

Die nuwe Steenbrastrofee is ook ter ere van André. “GROOT dankie aan al ons borge wat so ruimhartig gegee het en so baie dinge moontlik gemaak het om die gees in die klub te ‘boost’” sê Philip. “Dankie ook aan elke helper, klubpersoneellid, fotograwe (Lisa Muller en Piet Swart), hengelkomiteelede en elkeen wat ‘n rol gespeel het gedurende hierdie ongelooflike lekker en suksesvolle hengeljaar.” Tydens die funksie het die meeste gaste saamgespeel en blou en wit aangetrek vir die tema: “Finding Nemo”, al het ‘n paar ouens hulle Nemo gemis, maar darem hulle meerminne huis toe geneem. Laastens spog Philip so ‘n bietjie met die klub se hengelstatistieke vir die afgelope jaar, “om te wys hoe suksesvol ons was”. In totaal was daar 766 (381 mans, 104 dames, 129 seniors, 19 juniors en 124 besoekers) wat vir hengelkompetisies ingeskryf het. ‘n Totaal van 173 van hierdie hengelaars het vis ingeweeg. Hulle totale aantal spesies het 295 beloop: 147 x Kabeljou, 100 x Galjoen, 10 x Steenbras, 24 x Hottentot en 4 x Elf. Ander spesies (10) het bestaan uit Belman, Kolstert, Jan Bruin, Zebra en Grunter. Die totale gewig vir die jaar was 631.2kg.

“Baie dankie aan Gansbaai Courant vir julle betrokkenheid en gereelde beriggewing en ‘n Geseënde Kersgety en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar word julle toegewens,” sê Philip.

Hardus Botha

Pearly Beach se Hengeltrots

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles