Gholfnuus (30 Dec 2015)

Woensdag 23 Desember – Sextus Neethling Interdorp Gansbaai Classic:

Die verskillende omgewings het teen mekaar meegeding en die wenners was die span Pearly Beach gewees. 

Individueel het die spelers ook mekaar die stryd aangesê en die uitslag was as volg:

1) F vd Merwe 41, 2) P v Schalkwyk 40, 3) J Brandt 39, 4) D vd Merwe 39. Naaste aan die penne is gewen deur S Muller, C Fouche en F vd Merwe. Die langste set is gewen deur E Matthee. Spog-2’s is aangeteken deur J Coetzee, D Victor, S Muller, G Fouche, P Sanderson en R Brandt. F vd Merwe het ook ‘n Arend aangeteken.

Daar was genoeg pryse vir die spelers asook te ete en te drinke! Dankie aan al die verskillende borge vir julle bydraes. Dit is wonderlik om te kan staatmaak op mense soos julle. Sonder julle mense kan sulke dae nie aangebied word nie! Dankie ook aan Sextus en Maud vir die goeie organisering van ‘n heerlike dag, wel gedaan! 

Saterdag 26 Desember – Enkel Stableford: 1) F v Eeden 41, 2) G Smith 38, 3) L Lombaard 35, 4) A Roos 35. Naaste aan die penne is gewen deur J Grove, J Mouton en D Muntingh. J Grove het ‘n Spog-2 aangeteken.

OPKOMENDE KOMPETISIES: (Let op die veranderings asb.)

30/12/2015 Enkel stableford.
01/01/2016 Enkel stableford – Hoender – 9 gate.
02/01/2016 Royal Gansbaai New Year’s Classic.
    (4Ball Better Bal Scramble Dryf)
    Baie goeie pryse teen slegs R150.00
    Bespreek by 0283841441
06/01/2016 Enkel stableford.
08/01/2016 Enkel stableford – Hoender – 9 gate.
09/01/2016 Medal.
13/01/2016 Sloegters – enkel stableford.

NB NB   Holiday- Special!!!!

Golfing packages available – contact 0283841441 for more info.

Groete, André Roos

GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
The Southernmost Golf Course in Africa
Tel: 028 384 1441
                                              Fax: 028 384 1225
E-mail:
gbgholf@gmail.com

Gansbaai Gholfklub Woensdag 23 Des_1
Sextus Neethling saam met wenner, F vd Merwe.