Steenbras

Steenbras

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Lekker” nuus? By Gansbaai se hawemuur is ‘n paar mooi witsteenbrasse gevang. Seker ou nuus vir sommiges en dalk te laat vir die wat wat  ook ‘n paar krewels of wurmpies gereed hou vir hierdie uitsonderlik lekker hengelvis. Dis egter hierdie tyd van die jaar en op enige tyd kan die vis op enige plek gesig wys. Wees daar, sorg dat jou aas en jou gesindheid reg is, en jy weet nooit nie!  Steeds word die kabeljoutjies gevang en dis nog die amperbootjies wat die septer swaai terwyl die groter bote tweede viool moet speel. Daar is heelwat manne wat heel tevrede is met die kreefvangery en indien jy kan opspoor waar om te gaan netgooi  is om kwota te kry nie so ‘n groot prestasie nie. Ek dink tog, dat behalwe in ‘n paar gevalle, die kreefgrootte maar middelmatig is. Met die stel van die nette is daar ‘n paar faktore om in gedagte te hou: die gulde reël is, moet tog nooit jou net te naby laat sak aan enige iemand anders s’n nie.

Dis net eenvoudig nie goeie maniere nie en kan boonop baie probleme veroorsaak. Nog ‘n reël  --  jou tou móét lank genoeg wees om te verhoed dat die net nie lig in die stroom nie, maar asb. asb. nie onnodig lank nie, in gekleurde water gáán iemand oor jou tou ry, met onaangename gevolge.  Daar is sommer baie mense wat hierdie vakansieseisoen wil sorg dat hulle  ook ‘n “site” op een van die bote kry en daar is wel min ander ervarings wat soveel satisfaksie gaan gee. Vir die wat nie gereeld op die see kom nie is seesiekte ‘n groot waarskynlikheid, maar moenie dat dit jou afsit nie. Soos in baie gevalle is jou swaarste tyd gewoonlik waaroor jy die meeste praat (en in sommige gevalle spog ook!) en met die seesiekstorie is dit baie identies. So, skipper, as die man wil siek word, laat hom sy ding doen.

Dink net daaraan  --  indien hy nie behoorlik siek word nie kan daar  ook nie behoorlik gespog word nie. So, streng gesproke help jy hom nie wanneer jy te simpatiek is nie! Die end van die jaar is hier en die vakansieseisoen lê op sy sy. Hoop alles is nog wel met almal hier en dat daar geen groot probleme is nie.Alles van die beste vir die nuwe jaar. Tel liewer jou seëninge as om onnodig swartgallig te word oor klein lastighede. Die lewe is te kosbaar.

Groete, Seemeeu

Steenbras

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Looking for the perfect Christmas gift?

Komtessa Boutique
Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Discover the fascinating world of fynbos pollinators.

Grootbos Foundation
7 Days to Christmas: Start with Love

7 Days to Christmas: Start with Love

Start by being what you want to see in your family.

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

To help with the adoption of 5 gorgeous puppies, STERITHON teamed up with BARC Animal Welfare.

Fostering Animals
Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Inspecting, Servicing, and Restoring Pumps.  

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Merry Christmas from Tanzanites and Diamonds of Hermanus.  

See All Articles