“Lekker” nuus? By Gansbaai se hawemuur is ‘n paar mooi witsteenbrasse gevang. Seker ou nuus vir sommiges en dalk te laat vir die wat wat ook ‘n paar krewels of wurmpies gereed hou vir hierdie uitsonderlik lekker hengelvis. Dis egter hierdie tyd van die jaar en op enige tyd kan die vis op enige plek gesig wys. Wees daar, sorg dat jou aas en jou gesindheid reg is, en jy weet nooit nie! Steeds word die kabeljoutjies gevang en dis nog die amperbootjies wat die septer swaai terwyl die groter bote tweede viool moet speel. Daar is heelwat manne wat heel tevrede is met die kreefvangery en indien jy kan opspoor waar om te gaan netgooi is om kwota te kry nie so ‘n groot prestasie nie. Ek dink tog, dat behalwe in ‘n paar gevalle, die kreefgrootte maar middelmatig is. Met die stel van die nette is daar ‘n paar faktore om in gedagte te hou: die gulde reël is, moet tog nooit jou net te naby laat sak aan enige iemand anders s’n nie.
Dis net eenvoudig nie goeie maniere nie en kan boonop baie probleme veroorsaak. Nog ‘n reël -- jou tou móét lank genoeg wees om te verhoed dat die net nie lig in die stroom nie, maar asb. asb. nie onnodig lank nie, in gekleurde water gáán iemand oor jou tou ry, met onaangename gevolge. Daar is sommer baie mense wat hierdie vakansieseisoen wil sorg dat hulle ook ‘n “site” op een van die bote kry en daar is wel min ander ervarings wat soveel satisfaksie gaan gee. Vir die wat nie gereeld op die see kom nie is seesiekte ‘n groot waarskynlikheid, maar moenie dat dit jou afsit nie. Soos in baie gevalle is jou swaarste tyd gewoonlik waaroor jy die meeste praat (en in sommige gevalle spog ook!) en met die seesiekstorie is dit baie identies. So, skipper, as die man wil siek word, laat hom sy ding doen.
Dink net daaraan -- indien hy nie behoorlik siek word nie kan daar ook nie behoorlik gespog word nie. So, streng gesproke help jy hom nie wanneer jy te simpatiek is nie! Die end van die jaar is hier en die vakansieseisoen lê op sy sy. Hoop alles is nog wel met almal hier en dat daar geen groot probleme is nie.Alles van die beste vir die nuwe jaar. Tel liewer jou seëninge as om onnodig swartgallig te word oor klein lastighede. Die lewe is te kosbaar.
Groete, Seemeeu
Steenbras
30 December 2015Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
COMING HOME TO YOURSELF
At the heart of all these conversations lies a single truth.
Ready for Adoption - Meet Benso
Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa
A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site!
Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?
As awareness grows, something interesting begins to happen.
Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most
Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays.
Creating Opportunities for Youth
Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...












