‘n Deel van Gansbaai Academia se trotse 78 matrikulante van 2015. Die slaagsyfer is 88,5%, teenoor 2014 se 86%, terwyl die slaagsyfer oor 5 jaar nog nooit onder 80% was nie. Die skool spog ook met 27 Universiteitstoelatings-matrikulante, teenoor 2014 se 14, asook met 7 onderskeidings.
Die Top-kandidaat is Simphiwe Yana met ‘n algehele gemiddeld van bo 70%.