Randall ook in Gansbaai geliefd

Randall ook in Gansbaai geliefd

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ek was nog altyd op reis: na mense, dorpe, lande. My kitaar was my paspoort oor vele grense; my woorde die sleutels wat baie deure laat oopswaai het. Daar was ‘n tyd toe ek gedink het die pad sal nooit ophou nie. Maar nou weet ek van beter….” - Randall Charles Wicomb, bekende volksanger, liedjieskrywer en kopersmid, is op 30 Januarie 1949 gebore en op Sondag, 27 Desember 2015 in die ouderdom van 66 jaar in sy huis in Stellenbosch oorlede, ná ‘n lang stryd teen prostaat-kanker.

So min soos 6 maande gelede op 8 Augustus 2015 het ‘n reeds ernstig-siek en maer Randall in die Pretoriussaal tydens die NGK se Vrouediens-byeenkoms opgetree. Hy het opvallend stadig geloop en beweeg, maar met sy kenmerkende sang het niks geskort nie. Hy het besluit op ‘n verskeidenheid van liedjies wat sy volle sangloopbaan weer-spieël het en het die dames behoorlik betower. (Gansbaai Courant, Donderdag, 13 Augustus 2015).

Nog ‘n Gansbaaier, Johan Coetzee van Naledi Uitgewers wat in De Kelders woon, was intens by Randall betrokke. Naledi was die uitgewer van Randall se Outobiografie, Kleur - my Lewe, my Lied (Amos van der Merwe). Die boek is maar onlangs bekendgestel en Randall vertel die volle en ware verhaal van sy lewe vanaf geboorte. Dit beslaan 173 bladsye, plus 24 bladsye (26 hoofstukke) met gekleurde familie- en gesinsfoto’s.

Randall word as een van die ikone in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf beskou en het oor meer as vier dekades grensverskuiwende werk met sy toonsettings en vertolkings van Afrikaanse volksliedjies gedoen. Hulde is van oral oor aan hom gebring.

Hardus Botha

Randall ook in Gansbaai geliefd

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles