Pearly NGK Kerssangdiens

Pearly NGK Kerssangdiens

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die Kerstyding is reeds gebring; geskenke afgelewer en liedjies gesing; gewyde oomblikke bring hulde aan Hom; wat was, wat is, wat weer kom. Die Kerstyding is ons Christusfees; ryk aan gedagtes wanneer ons die verhaal lees; van Hom wat vir die wêreld gebore is; om ons te bevry, te verlos, Ewigheid nie te mis. Die Kerstyding bring ‘n boodskap; vir elkeen wat met Hom ‘n pad wil stap; al is daar distels en dorings in jou pad; Hy sal jou help, jou dra, jou lei na die Hemelstad.” - Die Kerstyding, op haar kenmerkende wyse gelees deur die welbekende Wilna Snyman.

Dit was tydens ‘n puik georganiseerde Kerssangdiens deur Petrus du Preez van Pearly Beach NG-gemeente, bygestaan deur Marie Klaassen. Die program het sonder onderbrekings met gemeentesang, voorlesings, gedig-voorlesings deur Wilna Snyman, video-opnames van gepaste liedere deur onder andere André Rieu en kinders met brandende liggies verloop.

Die knap musiekbegeleier was Annaline Reinke, met Jack White en sy bekende trompetgeskal wat verdere luister aan die optredes verleen het. Petrus self het enkele verse van Welkom o stille nag van vrede gesing. Anita Botha was verantwoordelik vir ‘n prag-versierde kerk, met hulpverlening deur haar staatmakers, Hennie en Magda Swart, met Marie Klaassen wat ook vir puik werk agter die tru-projektor gesorg het.

Die verrigtinge is met Stille nag, Heilige nag afgesluit, met ds Willie Kotze wat ‘n gebed gedoen het en die seëngroet uitgespreek het. Met die uitstap van die gemeente is daar na die welbekende lied, Go tell it on the mountain deur André Rieu se orkes en koor gekyk en geluister.

Hardus Botha

Pearly NGK Kerssangdiens

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles