Helpende Hand reël ete

Helpende Hand reël ete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Gansbaai-tak van Solidariteit Helpende Hand het kort voor Kersdag ‘n smaaklike ete vir enkele bejaardes in die Kersmark se restourant gereël. “Gansbaai Helpende Hand het hierdie bederfie gedurende die Kerstyd vir hulle gereël na aanleiding van ‘n ruim donasie deur Bokradio, waarvoor ons groot waardering het,” vertel Maretha Geldenhuys, voorsitter van Gansbaai Helpende Hand. “Daarom kon ons hulle nog verder bederf met geskenkies en kruideniersware en daar is nog heelwat bejaardes wat ons graag gedurende die res van die week wil bereik.”

Maretha sê hulle hoofdoel is om gedurende die jaar na behoeftiges om te sien - volwassenes en kinders. “Daarom probeer ons ook fondse bymekaar maak om ook kinders in Gr RR en Gr R te borg.” Hulle verskaf ook voedselpakkies en klere wanneer hulle daarvan beskikbaar het. “Baie dankie aan diegene wat ons met donasies help,” sê Maretha. “Maar ons benodig ook dringend mense wat as ondersteuners en hulpwerkers by ons wil aansluit.” Sy sê die nuwe jaar wat wag word weer eens as ‘n uitdaging beskou waarin groot uitreike na veral bejaardes en kinders geloods sal word - “maar daarvoor word fondse benodig”.

Solidariteit Helpende Hand is ‘n nie-winsgewende organisasie (NWO) en daar is bepaalde vereistes waaraan voldoen moet word. Helpende Hand is reeds in 1949 as antwoord op die armoedekrisis ná die Tweede Wêreldoorlog gestig. “Ons ontvang ook geen lotto- of regeringsfondse nie en is alleenlik op skenkersgelde aangewese,” sê Maretha.

Enige persoon wat behulpsaam wil wees met donasies, skenkings of ondersteuning, kan gerus vir Maretha Geldenhuys by 082-805-3964 kontak.

Hardus Botha

Helpende Hand reël ete

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles