Gansbaai Lionsklub se jaarlikse Oujaarsdag Halfmarathon het weer eens bewys hulle mag dit maar aanbied - dit was gesellig en ‘n reuse sukses en op 31 Desember 2015 was dit hulle 16de Halfmarathon.
Vanjaar het groot opgewondenheid geheers met Mej Suid-Afrika Finalis, Marciel Hopkins, op die terrein wat die wenners se pryse oorhandig het. Kameras het onophoudelik geflits soos wat almal saam met Marciel afgeneem wou word. ‘n Totaal van 1,263 drawwers het vir die drie kategorieë ingeskryf: 21.1km halfmaraton (457); 10km draf (350); 5km pretloop vir die hele gesin (456).
Gansbaai Lionsklub rig graag die volgende bedankings: Dave Mostert van Romansbaai Ontwikkeling (hoofborg vir die 2de jaar); I & J (donasie); Wessel van Toshiba Worcester (print van inskrywingsvorms); Coke Hermanus; Verkeerspersoneel; Overstrand Medical Response; Build-it; Gansbaai OK Foods; Blue Bottle Liquors Gansbaai; Rola VW Hermanus; Sharky’s Pizza; Laerskool Gansbaai (gebruik van grond en geriewe); Altus (aankondiger); alle hardwerkende Lions; vele ander wat ook bereid was om te help.
Hardus Botha
Kliek onder vir collage.