Bedrywige Strandskloof

Bedrywige Strandskloof

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Strandskloof Karavaanpark van Tot en Isabel Fourie, met Anje Badenhorst (administrasie) as hul regterhand, is nie verniet op 29 Oktober 2015 as Traveler en Sanlam se Top Destination Awards in die Walled City in Ratanga Junction as algehele wenner aangewys nie.

Tydens die afgelope vakansieseisoen het hulle weer eens gestand gedoen aan hierdie eer wat hulle te beurt geval het. Een daarvan was ‘n suksesvolle 4x4 Dag. Die manne het lekker in die sand en kleigrond gespeel. Hulle was ook bevoorreg om ‘n paar van die Jeepklub se manne hier te kry wat spesiaal vir die dag deurgery het. Hulle Potjiekos Kompetisie was eweneens suksesvol, met die inskrywings wat hulle tot 15 beperk het.

“Verlede jaar se 22 was te veel vir die beoordelaars,” vertel Anje. “Elk van die deelnemende spanne moes potjiekos by hul eie staanplekke maak en dit binne ‘n bepaalde tydsgleuf vir die beoordelaars gereed kry.” Sy sê dit was sommer ‘n groot pretdag.

Drie pryse was op die spel: 1ste prys (R1,000), gewen deur die Island Style span; 2de prys (R750), gewen deur die Kraaie-span; 3de prys (R500), gewen deur die Spice Boys. “Ons kry elke jaar beoordelaars uit ons omgewing,” sê Anje.

Vanjaar was dit Johan Pieterse van Studio Jo-Signs (beoordeel al ‘n paar jaar), Karen de Wet, bekend vir haar spyseniering en Chris van Rensburg van Gansbaai OK Foods. Dan het Kersvader natuurlik ook ‘n draai daar gemaak.               

Hardus Botha

Bedrywige Strandskloof

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles