Een van Gansbaai se belowende jong tennisspelers, Liandro Lodewyk, het plek by CPUT Wellington gekry om vanjaar onderwys te gaan studeer.
Dit is 'n droom van hierdie gedrewe jong man waarmee die tennisklub hom graag wil bystaan. Enige donasies, skenkings of borgskap sal hoog waardeer word. Indien daar enige lede van die publiek, organisasie of besigheid is wat graag 'n bydrae wil maak, kan julle gerus die voorsitter kontak by 072 117 3473.
Sosiale tennis sal weer binnekort na normaal terugkeer. Woensdae by die munisipale bane om 09:00 en Saterdae by die Laerskool vanaf 14:00.
Tennisgroete, Daneel Geldenhuys