Professor Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) het vanjaar weer eens die top room van Academia volle studiebeurse aangebied. Simphiwe Yana, topkandidaat en Caren Kleyn, begin einde van die week hulle tersiêre opleiding.
Simphiwe gaan regte studeer. Die jong man het in 2015 die trofee vir die topkandidaat in graad 12 gewen en het ook onder andere in sy vele pryse die Gansbaai Courant Kreatiewe Skryfwerk prys gewen. Simphiwe was die hele jaar onder die top 10 gewees. Hy was ook lid van die VRL. Caren het in 2014, in graad 11, by die skool aangesluit. Sy was van die staanspoor af onder die top 10 kandidate en was algeheel met die eindeksamen derde. Sy is baie opgewonde oor haar toekoms en sy gaan onderwys studeer. Simphiwe en Caren het die Prinsipaal Trofee gedeel in 2015. Mnr Wilson (prinsipaal) het die trofee aan hulle oorhandig omdat albei uitgeblink het in akademie, leierskap, sport en kultuur. Hy het genoem dat hulle die voorbeeld is van trotse Sharkies en die “Sharkie Brand” vergestald.
In 2013 het Bianca de Koining ‘n beurs ontvang en is vanjaar in haar derde jaar. Andisiwe Wulana het in 2014 ‘n beurs ontvang. Albei dames blink uit op universireit en spog met Cum Laude vir meeste van hul vakke en is onder die top 10 kandidate in hul onderskeie studiegroepe.
Liezel Mostert