Soos in verlede week se koerant berig was, is Academia se klas van 2015 se slaagpersentasie 88,5%. Die Wes-Kaap was eerste in die land met die matriekuitslae en die Overberg distrik eerste in die provinsie en algeheel derde in die land met ‘n gemiddeld van 89,7%.
78 leerders het die eksamen geskryf. 27 leerders (34,6%) het matriekulasie vrystelling (BA-Graad) verwerf, 13 meer as 2014. 13% van die kandidate was repetisienorm leerders.
Vakke wat spog met ‘n 100% slaagsyfer is: RTT, Engels Eerste Addisionele Taal, Gasvryheidstudies, isiXhosa, Lewensoriëntering (3 onderskeidings), en Toerisme (2 onderskeidings). Die top vyf leerders is Simphiwe Yana (1), Michaela Mars (2), Caren Kleyn (3), Malcolm Mulope (4) en Sinelizwi Prince (5).
Liezel Mostert