BARC se Groot Planne

BARC se Groot Planne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Naas vele bedankings aan getroue ondersteuners van BARC, is daar ook groot planne in die vooruitsig gestel. “Eerstens ‘n groot dankie aan die gemeenskap, besoekers ingesluit, vir donasies aan BARC se Tweedehandse Winkel,” sê Annelie Jonker wat in beheer van BARC is. “Dit was ‘n baie goeie seisoen en die winkel is baie goed ondersteun.”

BARC se winkel bly steeds ‘n groot bron van inkomste wat broodnodig vir die bedryf van sake is. “Moet asseblief niks weggooi nie, kontak ons en ons sal dit wat julle wil skenk by die wonings gaan oplaai, indien daar vervoerprobleme is.” Sy verwys ook na die lootjielyste in omloop wat eweneens goed ondersteun is. Dan bedank Annelie ook vir David en Antoinette Scorey spesiaal - hulle het R5,000 aan dr Robey oorbetaal ter afbetaling van BARC se Veeartsrekening. “Ek het amper flou geword toe ek dit hoor, aangesien dit oneindig baie vir ons beteken het,” sê Annelie.

BARC rig ook ‘n bedanking aan almal gedurende die vakansieseisoen wat met hulle honde gaan stap het en bietjie liefde aan die honde en katjies gegee het. “Ons het baie kos gekry en wil nie eers begin om name te noem nie - te bang iemand word uitgesluit.” Sy sê daar is ook ‘n hele paar honde en katjies aangeneem, waaroor hulle baie opgewonde is. “Dankie ook vir die mense wat hulle honde en katte by ons laat loseer het terwyl hul met vakansie was.” Baie, baie belangrik is BARC se Gholfdag om van kennis te neem. (‘n Volledige skrywe in hierdie verband kan by Annelie gekry word.)

Hulle beplan die Gholfdag vir Saterdag, 26 Maart 2016 oor die Paasnaweek, waarmee hulle vertrou om hul fondse mee aan te vul aangesien hulle weer vanjaar ‘n Gratis Sterilisasie Veldtog wil aanbied. Dan het BARC ook ekstra veiligheidsplanne in gedagte, naamlik die installering van Veiligheids “Beams”. Secma het reeds ‘n kwotasie verskaf en  15% afslag op die parte gegee, met ‘n verdere R2,000 as borgskap. Die uitstaande bedrag beloop R3,700. Donasies hiervoor sal opreg waardeer word.

Vir navrae en/of skenkings/donasies, ook aan BARC se tweedehandse winkel, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Nols Jonas (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC se Groot Planne

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles