BARC se Groot Planne

BARC se Groot Planne

Gansbaai Courant

Naas vele bedankings aan getroue ondersteuners van BARC, is daar ook groot planne in die vooruitsig gestel. “Eerstens ‘n groot dankie aan die gemeenskap, besoekers ingesluit, vir donasies aan BARC se Tweedehandse Winkel,” sê Annelie Jonker wat in beheer van BARC is. “Dit was ‘n baie goeie seisoen en die winkel is baie goed ondersteun.”

BARC se winkel bly steeds ‘n groot bron van inkomste wat broodnodig vir die bedryf van sake is. “Moet asseblief niks weggooi nie, kontak ons en ons sal dit wat julle wil skenk by die wonings gaan oplaai, indien daar vervoerprobleme is.” Sy verwys ook na die lootjielyste in omloop wat eweneens goed ondersteun is. Dan bedank Annelie ook vir David en Antoinette Scorey spesiaal - hulle het R5,000 aan dr Robey oorbetaal ter afbetaling van BARC se Veeartsrekening. “Ek het amper flou geword toe ek dit hoor, aangesien dit oneindig baie vir ons beteken het,” sê Annelie.

BARC rig ook ‘n bedanking aan almal gedurende die vakansieseisoen wat met hulle honde gaan stap het en bietjie liefde aan die honde en katjies gegee het. “Ons het baie kos gekry en wil nie eers begin om name te noem nie - te bang iemand word uitgesluit.” Sy sê daar is ook ‘n hele paar honde en katjies aangeneem, waaroor hulle baie opgewonde is. “Dankie ook vir die mense wat hulle honde en katte by ons laat loseer het terwyl hul met vakansie was.” Baie, baie belangrik is BARC se Gholfdag om van kennis te neem. (‘n Volledige skrywe in hierdie verband kan by Annelie gekry word.)

Hulle beplan die Gholfdag vir Saterdag, 26 Maart 2016 oor die Paasnaweek, waarmee hulle vertrou om hul fondse mee aan te vul aangesien hulle weer vanjaar ‘n Gratis Sterilisasie Veldtog wil aanbied. Dan het BARC ook ekstra veiligheidsplanne in gedagte, naamlik die installering van Veiligheids “Beams”. Secma het reeds ‘n kwotasie verskaf en  15% afslag op die parte gegee, met ‘n verdere R2,000 as borgskap. Die uitstaande bedrag beloop R3,700. Donasies hiervoor sal opreg waardeer word.

Vir navrae en/of skenkings/donasies, ook aan BARC se tweedehandse winkel, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Nols Jonas (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC se Groot Planne

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Golf Club May 2024 Newsletter

Gansbaai Golf Club May 2024 Newsletter

As the autumn leaves start to fall, Gansbaai Golf Club is buzzing with excitement for the events lined up this month.

Gansbaai Golf Club
Belangrikheid van Trauma Berading

Belangrikheid van Trauma Berading

“Die belangrikheid van trauma-berading moet nie onderskat word nie,” sê Sers Abigail Naidoo

Gans-Berg Nuus / News
Nuwe Skoolhoof: Mnr. Devin Sauls

Nuwe Skoolhoof: Mnr. Devin Sauls

Mnr. Devin Sauls is suksesvol deur die WKOD aangewys as Laerskool Gansbaai se nuwe Skoolhoof, met intrede vanaf 1 Junie 2024.

Laerskool Gansbaai
Pretstap-2024: Geesvolle Avontuur

Pretstap-2024: Geesvolle Avontuur

Op Vrydag, 26 April 2024, het die dapper Gansies reën, koue en wind getrotseer en die staptog aangepak vanaf die skool na Stanfordsbaai en terug.

Laerskool Gansbaai
Collaborating for Conservation

Collaborating for Conservation

The Grootbos Foundation and Cape Nature recently joined forces, along with Zak Essa from the Presidential Employment Stimulus Fund, to meet with the biodiversity stewardship team.

Grootbos Foundation
Cape Agulhas Eco-Tourism Trip

Cape Agulhas Eco-Tourism Trip

This week, our Hospitality Students had a marvellous time experiencing Cape Agulhas as tourists.

Grootbos Foundation
See All Articles