R&R Aluminium se nuwe Eienaars

R&R Aluminium se nuwe Eienaars

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die baie bekende glas- en aluminiumbesigheid van Raymond en Roza Rabe, R&R Aluminium in die Industriële gebied, het ná sowat 17 jaar van eienaars verwissel. Met ingang van 11 Januarie 2016 is die nuwe eienaars (in vennootskap) Heinrich van Rensburg (siviele ingenieur) en Chris Young (siviele ingenieur) van Hermanus.

Heinrich se eggenote, Maryke sal voortaan die ontvangs, administrasie, kwotasies en boekhouding behartig. R&R Aluminium is bekend vir hul stortdeure, vensters, skuifdeure, balkonreëlings, spieëls en glasherstelwerk en hierdie dienste sal deur Heinrich en Chris voortgesit word. Die res van die gesoute personeel, Wilfred, Allister, Amos en Edwell, sal ook steeds daar wees.

Heinrich is ‘n ou bekende sakeman in Gansbaai met sy NKC Builders, waar Chris ook ‘n vennoot is, wat steeds bedryf sal word. “Met my bouwerk sal die oorname van R&R Aluminium van groot waarde wees, aangesien dit relevante en praktiese dienslewering aan kliënte saam met my bouwerk sal wees, ingesluit bykomende behoeftes soos hierbo vermeld,” sê Heinrich. Ná Raymond Rabe se ernstige gesondheids-terugslag, asook Roza se eie gesondheidsprobleme, het die egpaar besluit om ná 17 jaar die tuig finaal neer te lê. (Sien berig op bl 16).

Bestaande kliënte kan kennis neem dat Roza steeds vir ‘n tydperk beskikbaar sal wees vir die afhandeling van ou kontrakte, asook interne opleiding aan die nuwe eienaars. Die twee nuwe eienaars wat vennote in altwee genoemde besighede is, bedryf NKC Builders al vir die afgelope 11 jaar - so lank as wat Heinrich en Maryke Gansbaaiers is. Met twee siviele ingenieurs as eienaars van R&R Aluminium en NKC Builders kan sake en dienste gelewer net goed wees.

Kennis kan geneem word dat die naam R&R Aluminium onveranderd bly, asook die landlynnommer (028-384-0613), die faksnommer (086-296-9393) en die e-posadres (rraluminium@telkomsa.net). Slegs Heinrich se selfoonnommer (082-879-7841) is ‘n nuwe toevoeging tot die kontakbesonderhede.

Hardus Botha

R&R Aluminium se nuwe Eienaars

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles