Terug skool toe, werk toe - net as die HERE saamgaan!

Terug skool toe, werk toe - net as die HERE saamgaan!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Toe het die HERE gevra: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?”  Toe het Moses vir Hom gesê: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat   wegtrek nie.” (Eks. 33:14,15) “Luister, Israel, die HERE is ons GOD, Hy is die enigste HERE.  Daarom moet jy die HERE jou GOD liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.”  (Deut. 6:4-7)

2016 is alreeds besig om elke dag teen ’n hoë spoed die toekoms in te snel. Soos ’n groot bus wat teen ’n hoë vaart teen die berg afhardloop en die passasiers met angs kyk hoe elke draai verbyskiet en afgronde by hulle verbyflits. Ons is die passasiers en ons klou vir ons lewe! Sommige van ons knyp maar net ons oë toe en hoop vir die beste. Ander bid hardop. Wat gaan gebeur?

STOP! STOP die bus! Kom ons vra eers vir onsself ’n paar vrae. Wie is besig om ons 2016-bus te bestuur? Wie laat ons toe om beheer van ons lewe te neem? As dit nie die HERE (Die groot “EK IS”) self is nie,  moet dan nie op die bus klim nie. Moet asseblief nie jou kinders skool toe stuur met ’n kosblik, boeke en sakgeld nie – dit is nie veilig nie! Maak seker dat hulle JESUS in hulle hart en die Bybel in hulle boeksak saamneem. Voor julle as gesin enige dag aanpak, nooi die HERE in gebed saam. Voor jy werk toe haas, maak seker dat die HERE GOD self saam met jou in die motor klim. Kyk mooi dat jou hele gesin toegerus is met die krag van die HEILIGE GEES wat in hulle lewe die wysheid, die antwoorde en die rigting moet gee.

Kom ons pak 2016 anders aan as al die vorige jare. Ons moet soos Moses vir die HERE sê: “As U nie self saam met ons gaan nie, moet dan nie toelaat dat ons wegtrek nie.” (Eks 33:15)  Maak seker dat jou kind se onderwyser ook ’n kind van JESUS is en bereid is om elke dag in die skool ook in Sy Naam die dag te begin. Anders is jy besig om jou kind op ’n bus te laai wat teen die afgrond kan afjaag! Ons het die reg, die opdrag en die taak om ons kinders groot te maak met die Woord van GOD in hulle harte. Ek en jy moet met gedurig met ons kinders (en kleinkinders!) praat oor die HERE GOD wat ons lief het met ons hart en siel en met al ons krag!

Wie bestuur die bus? Alleen die HERE ons GOD mag 2016 se bus bestuur!

Terug skool toe, werk toe - net as die HERE saamgaan!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles