Nico Nel laat skaterlag tbv HaS

Nico Nel laat skaterlag tbv HaS

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) het onlangs vir ‘n skaterlag-geleentheid in die Pretoriussaal gesorg met die doel om fondse in te samel. Antoon Reiner het kontak met Nico Nel gemaak, die grapjas van die TV-reekse Spies & Plessis en Maak ‘n Las, wat spontaan aangebied het om gratis tbv HaS op te tree.

Nico het bewys dat die jare wat aanstap geen verskil aan humor maak nie en die gehoor het sonder ophou geskaterlag dat die trane soms geloop het. “Ek moet erken dit is fantasties in Gansbaai en vanaand se gehoor is die beste en mees spontane gehoor voor wie ek nóg opgetree het,” het Nico gesê. Wat besonders was, is dat Nico gratis ten bate van HaS opgetree het en selfs onderneem het om 50% van sy CD-verkope die aand aan HaS te skenk.

Nico se puik staaltjies is afgewissel met eweneens puik optredes deur Chris Meyer se Rummy Cup Orkes, asook Rialet Groenewald se Gansbaai Academia se Marimba Orkes, die bekende Sharimba’s. John van Rooyen, Bestuurder van HaS het reeds maande gelede met wyle Manie Groenewald gereël dat sy boereorkes tydens die aand sou optree. Ná Manie se afsterwe, het Chris Meyer spontaan aangebied dat hulle Rummy Cup Orkes wel sal optree.

Chris het verder gegaan en ook met Rialet Groenewald, ook lid van die orkes, gereël om Gansbaai Academia se Marimba Orkes, die Sharimba’s te laat optree. Die kombinasie van Nico en die twee bekende orkeste in Gansbaai, was uitstekend en die gehoor het sonder twyfel ‘n genotvolle aand ervaar.   

Hardus Botha

Nico Nel laat skaterlag tbv HaS

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles