Uitmergelende Trans Agulhas

Uitmergelende Trans Agulhas

Gansbaai Courant

Die pas-afgelope Trans Agulhas Rubberbootwedren van 26 en 27 Desember 2015, was weer eens met opwinding gevul. Die spanne het weer by Uilenkraalsmond aangedoen en in Gansbaai oornag voor die laaste skof na die Strand.

Vanjaar is daar twee trotse oupa’s van die omgewing, Pieter Scholtz (reeds verhuis) en Johan Hanekom. Pieter (voormalige Overstrandse Onderburgemeester) se kleinseun, Ruben Scholtz was ‘n “pilot” van een van die bote en sy “co-pilot” was Luhann Koen, met Pieter se seun, Pieter (Jnr) wat ewe trots ook teenwoordig was. Ruben het sy liefde vir bote by sy oupa Pieter gekry. Hy is 16 jaar oud en in Stellenberg Hoërskool. Hy en Luhann het vir die “Novice Standard Class” ingeskryf.

Die 1ste dag het hulle boot se enjin probleme opgelewer, maar daarna het hulle elke dag 1ste in hulle klas geëindig en ‘n algehele 3de plek behaal. Hulle het ook 2de geëindig in die klas “King of the Waves”, met ‘n enkele sekonde agter die wenners. Marine Dynamics van Wilfred Chivelle was ook een van hulle borge gewees. Oupa Pieter is sommer baie trots op sy kleinseun.

Die ander trotse oupa is Johan Hanekom wie se kleinseun, Louis (1) by sy pa, Johan Lodewyks by Uilenkraalsmond se stop gaan kuier het. Met verlede jaar se wedren was Johan net-net betyds by die eindpunt in die Strand om te jaag vir Louis se geboorte. Nog ‘n pa en seun kombinasie was Dreyer van Niekerk “pilot” en sy seun, JD (16) van Caledon as “co-pilot” en by Uilenkraalsmond was hulle net 3 minute agter die voorloper.

Hardus Botha

Uitmergelende Trans Agulhas

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles