Uitmergelende Trans Agulhas

Uitmergelende Trans Agulhas

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die pas-afgelope Trans Agulhas Rubberbootwedren van 26 en 27 Desember 2015, was weer eens met opwinding gevul. Die spanne het weer by Uilenkraalsmond aangedoen en in Gansbaai oornag voor die laaste skof na die Strand.

Vanjaar is daar twee trotse oupa’s van die omgewing, Pieter Scholtz (reeds verhuis) en Johan Hanekom. Pieter (voormalige Overstrandse Onderburgemeester) se kleinseun, Ruben Scholtz was ‘n “pilot” van een van die bote en sy “co-pilot” was Luhann Koen, met Pieter se seun, Pieter (Jnr) wat ewe trots ook teenwoordig was. Ruben het sy liefde vir bote by sy oupa Pieter gekry. Hy is 16 jaar oud en in Stellenberg Hoërskool. Hy en Luhann het vir die “Novice Standard Class” ingeskryf.

Die 1ste dag het hulle boot se enjin probleme opgelewer, maar daarna het hulle elke dag 1ste in hulle klas geëindig en ‘n algehele 3de plek behaal. Hulle het ook 2de geëindig in die klas “King of the Waves”, met ‘n enkele sekonde agter die wenners. Marine Dynamics van Wilfred Chivelle was ook een van hulle borge gewees. Oupa Pieter is sommer baie trots op sy kleinseun.

Die ander trotse oupa is Johan Hanekom wie se kleinseun, Louis (1) by sy pa, Johan Lodewyks by Uilenkraalsmond se stop gaan kuier het. Met verlede jaar se wedren was Johan net-net betyds by die eindpunt in die Strand om te jaag vir Louis se geboorte. Nog ‘n pa en seun kombinasie was Dreyer van Niekerk “pilot” en sy seun, JD (16) van Caledon as “co-pilot” en by Uilenkraalsmond was hulle net 3 minute agter die voorloper.

Hardus Botha

Uitmergelende Trans Agulhas

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles