Perde Boeresport in Baardskeerdersbos

Perde Boeresport in Baardskeerdersbos

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Etlike jare gelede was dit die gebruik om perde boeresport in Baardskeerdersbos aan te bied. Hierdie spesiale geleentheid het mettertyd vervaag en verdwyn. Dis hierdie einste herinneringe vanuit hul kinderjare wat Japie Swart en Jaco Uys die inisiatief laat neem het om weer die gebruiklike perde boeresport op Baardskeerdersbos aan te bied. Met die hulp en insette van Henk Smit is daar op Saterdag, 19 Desember 2015 na etlike jare weer ‘n perde boeresportdag te Rusty’s Pub aangebied, net soos die B-bossers kan. Henk Smit het die dag op gepaste wyse ge-open en die deelnemers het daarna ingeskryf. Japie Swart het die reëls duidelik uiteengesit en die dag het afgeskop met 13 inskrywings. Die deelnemers (ruiter en perd) is in 2 kategorieë verdeel: Juniors (6) en Seniors (7). Daar was altesame 13 items, insluitend die 3 items waaraan toeskouers kon deelneem. In die Senior kategorie het Anmari Germishuys behoorlik die dames se naam hoog gehou met haar sterk kompetisie teen die 6 mans. Om nie eens te praat van Wessel Germishuys en sy perd Goldie wat vir ‘n pragtige vertoning gesorg het tydens die vlegresies. Louis Fourie het stil-stil op die verste punt gesorg vir kompetisie om nie uit die oog te verloor. Jaco Uys op sy vinnige perd, Zama was onverwagse sterk kompetisie en het die manne op hul tone gehou en om nie eens te praat van Kappie Beukes wat ook nie op hom laat wag het nie en hy het soos ‘n regte “cowboy” gesorg vir groot vermaak vir die toeskouers. In die partner lift het Japie en Belinda op die perd Roy behoorlik uitgestaan - met die wegtrek was die saal los en met die optel van sy partner moes Japie en Belinda behoorlik klou op ‘n volspoed Roy.  

Hier kon ons die ruitervernuf van altwee duidelik sien, welgedaan julle! Net voor middagete was dit die toeskouers en deelnemers se beurt om te kom help varkie vang, ‘n vreeslike senuweeagtige speenvarkie is losgelaat en pappas, mammas en kinders is almal agterna, want die een wat hom vang, kon hom hou! Dit was groot pret en vark se kind het oploop gesit om heelwat later platgeduik te word deur Japie. Toe is daar gebreek vir middagete en ‘n “tee break” by Rusty’s.

Kort daarna het die toeskouers deelgeneem aan “kom help my hasie vang” en later hoender vang, Joa Beukes is huis toe met 2 hase en ‘n hoender! Welgedaan seun! In die Junior afdeling was daar ook sterk kompetisie, maar die dag is oorheers deur Samantha Fourie, die algehele wenner van daardie afdeling. Sy het voorwaardelik pragtige vertonings gelewer, ook kon sy die Seniors ‘n ding of twee wys, dis nie sommer enigeen wat sy perd se saal sit-sit kan afgooi nie! Die algehele wenner in die Senior afdeling van die dag was Henk Smit, hy het die jonger manne gewys hoe dit gedoen word. Baie geluk! Die aflos is ook deur Henk Smit en Jaco Uys loshande gewen. Ter afsluiting, net voor die gure weer ons gevang het, het ons die items met ‘n kinder en dames en mans toutrek kompetisie afgesluit.

Daarna was dit prysuitdeling, al die pryse is deur besighede op Baardskeerdersbos geskenk: Rusty’s Pub; B’Bos Winkel en Drankwinkel; Marietjie’s Pub & Grill en Callie se Strandveld Pub. Die fondse is verdeel en aan Strandveld Perdryklub en Herberg-aan-See geskenk. Namens die organiseerders ‘n opregte dank aan al die borge en ook die deelnemers vir ‘n suksesvolle gesinsdag!

Ons maak beslis Desember 2016 weer so!

Madelein Swart

Perde Boeresport in Baardskeerdersbos

Madelein Swart

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles