R&R groet en sê dankie

R&R groet en sê dankie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Na 17 jaar het Raymond en Roza Rabe besluit om die tuig finaal neer te lê - hoofsaaklik om gesondheidsredes. Hulle het bekendheid verwerf met hulle bedrywige en suksesvolle besigheid, R&R Aluminium in die Industriële gebied.

Gelukkig groet hulle nie vir Gansbaai nie, terwyl daar ook op die naam R&R Aluminium deur die nuwe eienaars, Heinrich van Rensburg en Chris Young voortgebou gaan word. (Berig op bl 7). Die egpaar het mekaar in 1988 ontmoet en is op 5 Desember 1995 in die huwelik bevestig. Aan die einde van 1998 open hulle die welbekende R&R Aluminium se deure wat hulle vir die daaropvolgende 17 jaar suksesvol sou bedryf. Roza se kennismaking met die glasbedryf het by Clear Glass Seepunt begin, waarna sy haar eie glasmaatskappy, Elite Glass in 1983 in Parow geopen het. Hulle was ook stigterslede van die Birkenhead Boothengelklub, met altwee wat vir vele jare op die bestuur gedien het. Raymond het vanaf 2002 tot 2013 (11 jaar) as voorsitter gedien en was self ‘n kranige boothengelaar op sy boot, Laura 2, met vele pryse wat hy ingepalm het.

Gedurende Februarie 2014 word Roza met ernstige kanker gediagnoseer en is sedertdien onder behandeling. Raymond het gedurende Augustus verlede jaar onverwags by die werk inmekaargesak. Hy was aanvanklik in ‘n koma en daar is gevind dat hy twee bakterieë opgedoen het. Raymond se bene is altwee geamputeer, asook van sy vingers. Intussen gaan dit onder omstandighede goed met hom waar hy in Herberg-aan-See opgeneem is. Met hierdie terugslae met verwysing na altwee se gesondheid, is daar op die verkoop van R&R Aluminium besluit.

“Ek het volle vertroue in die nuwe eienaars van R&R Aluminium en wens hulle alle sterkte toe,” het Roza gesê. “Van ons kant af wil ons graag al ons kliënte oor al die jare opreg bedank vir hulle wonderlike ondersteuning, asook onvergeetlike ondersteuning deur kennisse en vriende tydens my eie en Raymond se gesondheidskrisisse.”

Hardus Botha

R&R groet en sê dankie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles