R&R groet en sê dankie

R&R groet en sê dankie

Gansbaai Courant

Na 17 jaar het Raymond en Roza Rabe besluit om die tuig finaal neer te lê - hoofsaaklik om gesondheidsredes. Hulle het bekendheid verwerf met hulle bedrywige en suksesvolle besigheid, R&R Aluminium in die Industriële gebied.

Gelukkig groet hulle nie vir Gansbaai nie, terwyl daar ook op die naam R&R Aluminium deur die nuwe eienaars, Heinrich van Rensburg en Chris Young voortgebou gaan word. (Berig op bl 7). Die egpaar het mekaar in 1988 ontmoet en is op 5 Desember 1995 in die huwelik bevestig. Aan die einde van 1998 open hulle die welbekende R&R Aluminium se deure wat hulle vir die daaropvolgende 17 jaar suksesvol sou bedryf. Roza se kennismaking met die glasbedryf het by Clear Glass Seepunt begin, waarna sy haar eie glasmaatskappy, Elite Glass in 1983 in Parow geopen het. Hulle was ook stigterslede van die Birkenhead Boothengelklub, met altwee wat vir vele jare op die bestuur gedien het. Raymond het vanaf 2002 tot 2013 (11 jaar) as voorsitter gedien en was self ‘n kranige boothengelaar op sy boot, Laura 2, met vele pryse wat hy ingepalm het.

Gedurende Februarie 2014 word Roza met ernstige kanker gediagnoseer en is sedertdien onder behandeling. Raymond het gedurende Augustus verlede jaar onverwags by die werk inmekaargesak. Hy was aanvanklik in ‘n koma en daar is gevind dat hy twee bakterieë opgedoen het. Raymond se bene is altwee geamputeer, asook van sy vingers. Intussen gaan dit onder omstandighede goed met hom waar hy in Herberg-aan-See opgeneem is. Met hierdie terugslae met verwysing na altwee se gesondheid, is daar op die verkoop van R&R Aluminium besluit.

“Ek het volle vertroue in die nuwe eienaars van R&R Aluminium en wens hulle alle sterkte toe,” het Roza gesê. “Van ons kant af wil ons graag al ons kliënte oor al die jare opreg bedank vir hulle wonderlike ondersteuning, asook onvergeetlike ondersteuning deur kennisse en vriende tydens my eie en Raymond se gesondheidskrisisse.”

Hardus Botha

R&R groet en sê dankie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles