Bo-baas Skut

Bo-baas Skut

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tydens die Nasionale Skiet-kampioenskappe vanaf 7-10 Oktober 2015 in die Westelike Provinsie, het Johan van der Mescht van Franskraal die Westelike Provinsie verteenwoordig. Altesaam 101 skuts van oral uit Suid-Afrika het deelgeneem.

Johan het aan die kleinkaliber-geweer, asook kleinkaliber-"handgun" items deelgeneem. In die "handgun"-items het hy as volg presteer: 2 x 3de plekke, 2 x 2de plekke en 1 x 1ste plek. In die geweer-items het hy as volg presteer: 1 x 3de plek, 4 x 2de plekke en 3 x 1ste plekke. Met hierdie prestasies het Johan 11 medaljes tydens die prysuitdeling ontvang.

Hierdie is ‘n redelike onbekende sportsoort en Johan het Gansbaai Courant bietjie ingelig, veral ten opsigte van afstande waarop geskiet word en die grootte en vorms van teikens van die kleinkaliber-teleskoop-items. Elke item behels die skiet na 10 teikens wat op 4 verskillende afstande opgestel word wat in ‘n bepaalde tyd omgeskiet moet word. Die items waaraan Johan deelgeneem het, word in die staanhouding geskiet. Spesiale skietklere of die gebruik van 'n skietband word nie toegelaat nie. In die meeste van die geweer-items word standaard gewere gebruik, wat dit moontlik maak vir enige skut om aan deel te neem. In sekere van die "handgun"-items kan standaard "handguns" gebruik word. Alhoewel die wind dit moontlik gemaak het om goeie tellings te skiet, was die kompetisie baie straf en het selfdissipline, konsentrasie en vasbyt die deurslag gegee. Johan sê ‘n goeie sportmansgees is altyd aan die orde van die dag.

Hy gaan in 2016 aan die Wêreld-kampioenskappe deelneem, wat in Suid-Afrika aangebied word. In 2014 het hy in Bloemfontein aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem en goed presteer: “Handgun” - 1 x 1ste plek; Gewere - 2 x 3de plekke, 3 x 2de plekke en 3 x 1ste. Einde van 2015 het Johan aan die WP Classic Kampioenskappe deelgeneem: Kleinkaliber-geweer beperk - 1ste plek; Kleinkaliber-geweer onbeperk - 2de; In totaal van bogenoemde die 1ste plek; Kleinkaliber oop visier - 1ste plek; Kleinkaliber enige oop visier - 1ste plek; In totaal van bogenoemde - 1ste plek; In die groottotaal van bogenoemde - 1ste plek. Wat die prestasies besonders maak is dat hy al die items met dieselfde geweer geskiet het.

Hardus Botha

Bo-baas Skut

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles