Bo-baas Skut

Bo-baas Skut

Gansbaai Courant

Tydens die Nasionale Skiet-kampioenskappe vanaf 7-10 Oktober 2015 in die Westelike Provinsie, het Johan van der Mescht van Franskraal die Westelike Provinsie verteenwoordig. Altesaam 101 skuts van oral uit Suid-Afrika het deelgeneem.

Johan het aan die kleinkaliber-geweer, asook kleinkaliber-"handgun" items deelgeneem. In die "handgun"-items het hy as volg presteer: 2 x 3de plekke, 2 x 2de plekke en 1 x 1ste plek. In die geweer-items het hy as volg presteer: 1 x 3de plek, 4 x 2de plekke en 3 x 1ste plekke. Met hierdie prestasies het Johan 11 medaljes tydens die prysuitdeling ontvang.

Hierdie is ‘n redelike onbekende sportsoort en Johan het Gansbaai Courant bietjie ingelig, veral ten opsigte van afstande waarop geskiet word en die grootte en vorms van teikens van die kleinkaliber-teleskoop-items. Elke item behels die skiet na 10 teikens wat op 4 verskillende afstande opgestel word wat in ‘n bepaalde tyd omgeskiet moet word. Die items waaraan Johan deelgeneem het, word in die staanhouding geskiet. Spesiale skietklere of die gebruik van 'n skietband word nie toegelaat nie. In die meeste van die geweer-items word standaard gewere gebruik, wat dit moontlik maak vir enige skut om aan deel te neem. In sekere van die "handgun"-items kan standaard "handguns" gebruik word. Alhoewel die wind dit moontlik gemaak het om goeie tellings te skiet, was die kompetisie baie straf en het selfdissipline, konsentrasie en vasbyt die deurslag gegee. Johan sê ‘n goeie sportmansgees is altyd aan die orde van die dag.

Hy gaan in 2016 aan die Wêreld-kampioenskappe deelneem, wat in Suid-Afrika aangebied word. In 2014 het hy in Bloemfontein aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem en goed presteer: “Handgun” - 1 x 1ste plek; Gewere - 2 x 3de plekke, 3 x 2de plekke en 3 x 1ste. Einde van 2015 het Johan aan die WP Classic Kampioenskappe deelgeneem: Kleinkaliber-geweer beperk - 1ste plek; Kleinkaliber-geweer onbeperk - 2de; In totaal van bogenoemde die 1ste plek; Kleinkaliber oop visier - 1ste plek; Kleinkaliber enige oop visier - 1ste plek; In totaal van bogenoemde - 1ste plek; In die groottotaal van bogenoemde - 1ste plek. Wat die prestasies besonders maak is dat hy al die items met dieselfde geweer geskiet het.

Hardus Botha

Bo-baas Skut

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles