Rekordgetal Graad Agts vir 2016

Rekordgetal Graad Agts vir 2016

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vanjaar spog Academia met ‘n allemintige 270 graad agts. Die eerste week het in ‘n oogknip verbygesnel. Die graad agts het reeds Dinsdag, 12 Januarie by die skool aangesluit. Vanaf Woensdag het hulle ‘n stewige oriëntasie program gevolg. Die leerders is ingelig van die “Sharkie Brand” en tradisies wat die skool in plek het.

Vrydag is ‘n nuwe tradisie begin met ‘n graad agt sportbyeenkoms. Leerders het die kans gehad om aan al die verskillende baan- en velditems deel te neem. Die beste presteerders sal Vrydag, 22 Januarie aan die skool se interhuis-atletiekbyeenkoms deelneem.

Die Vrydagmiddag en -aand was die tradisionele inlywings-seremonie waar die “Nemos” Sharkies word. Tydens die funksie het leerders lekker kaskanades saam met die matriekraad gehad, geleer om in groepe te werk, leierskap bespreek, VRL kandidate genomineer en lekker konsert gehou. Aan die einde van die verrigtinge was die spesiale inlywingsseremonie. Mnr Wilson, prinsipaal, het elke leerder se kersie aangesteek en hulle offisieel as Sharkies ingelyf. Dit was verblydend om te sien hoeveel van die ouers die seremonie bygewoon het. Nou is dit skour aan die wiel en mik vir oor vyf jaar in die matriekklas van 2020.

Liezel Mostert

Rekordgetal Graad Agts vir 2016

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles