Jy mag strewe na beter, hoër!

Jy mag strewe na beter, hoër!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Verder, broers, wees bly, streef na die geestelike volwassenheid, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede. En die GOD van liefde en vrede sal by julle wees!” (2 Kor. 13:11) 

“Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.

Maar jy, man van GOD, moet van hierdie dinge af wegvlug. Streef na opregtheid, toewyding aan GOD, geloof, liefde, volharding, minsaamheid. (1Tim. 6:10,11)

Ons mag almal maar gerus ambisies en ideale hê. Veral hier aan die begin van die jaar waar ons graag ’n nuwe begin wil maak en nuwe dinge aanpak. Ons mag nooit met die tweede beste tevrede wees as die beste beskikbaar is nie. Hoekom sal ons na ’n radio luister as ons die uitsending direk op die televisie kan kyk? Is dit nie beter om met vriende persoonlik saam te kuier as om met hulle te “WhatsApp” nie? Hoekom sal ek na ’n tweedehandse boodskap oor die radio luister as ek eerstehands saam met medegelowiges in die kerk kan aanbid? Netso is dit beter om harder en slimmer te werk en te sorg dat jou gesin nie gebrek lei as om die heeldag by die huis rond te lê nie.

Tog waarsku die Woord van GOD ons verskeie kere om nie geldgierig te wees en na aardse skatte te streef nie. (Mat. 6:19; 1 Tim. 6:10; Heb.13:5 ens.) Die Woord het niks teen geld as sodanig nie, maar die probleem van geldgierigheid en oormatige hunkering na aardse skatte. Hoekom waarsku die Woord hierteen? Omdat ons hoofdoel, ons fokus dan verskuif van GOD af na die wêreldse. (Lees eers weer die verse hierbo uit die Woord van GOD.) Wanneer ervaar ’n mens die vrede en seën van die HERE? Wanneer jy geestelik volwasse is (vol van die Gees); in harmonie en vrede met almal om jou leef; bereid is om te luister na Goddelike vermaning (die Bybel en gelowiges); jou lewe toewy aan GOD se werke en dinge; in geloof en liefde volhard en ja, sagmoedigheid, teerheid en meegevoel met ander. Jy kan al hierdie dinge doen terwyl jy hard werk en pligsgetrou jou beste gee en doen.

Nooi GOD in jou huis en werksplek in. Maak Hom deel van elke ding wat jy aanpak. Gaan staan sommer verskeie kere per dag stil en praat met Hom. Vra Hom raad oor wat jy moet doen en hoe jy dit die heel beste kan doen tot Sy eer. Onthou dat dit GOD is wat jou besigheid en jou geldsake moet seën sodat dit met jou voorspoedig kan gaan. Die kere in my lewe wat ek op my eie probeer geldmaak het, het ek verkeerde beleggings gedoen en misluk. Ek het Hom nie eerste geraadpleeg nie. Nou vra ek Hom regtig om my ambisies eers te seën voordat en aangaan. Doen dit gerus en jy sal sien hoe dinge verander. Strewe na die beste – onthou dat GOD ook net vir jou die beste gun!

Jy mag strewe na beter, hoër!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles