Skole vroeg reeds bedrywig

Skole vroeg reeds bedrywig

Gansbaai Courant

Gansbaai en omgewing se skole is sommer vroeg reeds bedrywig en aan die gang - akademies, maar ook natuurlik op die gebied van opwindende atletiek wat wag. Gansbaai Courant het by Gansbaai se skole gaan inloer, en ook omliggende plekke se skole via e-posse gekontak om statistieke en foto’s geplaas te kry. Alle getalle wat gemeld word, is voorlopige getalle, aangesien daar gewoonlik heelwat wysigings met laat-inskrywings aan die begin van ‘n nuwe jaar opduik. Gansbaai Courant wens alle leerders en onderwysers baie sterkte toe vir 2016!

Gansbaai Academia

Gansbaai se hoërskool het reeds met hul 2015 matriek-uitslae gespog, wat op uitstekende resultate en prestasies neerkom. Tans is daar 843 leerders, met 24 onderwysers in verskillende kategorië, ingesluit die skoolhoof, mnr Tommy Wilson. Nuwelinge vir 2016 (Gr 8’s) is 270, wat in 4 Afrikaanse en 2 Xhosa klasse opgedeel is. 2016 se matrikulante is 91 in totaal, wat in 3 gemengde klasse opgedeel is. Kontaknommer: 028-384-2370. 

Laerskool Gansbaai

Gansbaai-dorp se laerskool onder leiding van mnr Eben van der Merwe het tans 350 leerders in totaal, waarvan 34 nuwelinge (Gr R’e) en 54 Gr 1’s. Ingesluit die skoolhoof, ens is daar 18 onderwysers wat vir hierdie leerders verantwoordelik is. Die Gr R’e spog met ‘n tweeling, Kobus en Johan van Staden (5). Dan het twee nuwe onderwysers by die skool aangesluit, Carina Brown (Gr 3.1) en Hannes Grobler (Gr 5.1). Kontaknommer: 028-384-0000.

Gansbaai Primêr

Hier is 580 leerders in totaal die verantwoordelikheid van die skoolhoof, mnr Tommy Volkwyn en sy personeelkorps van 18, Beheerliggaamposte ingesluit. Vanjaar is daar 60 nuwelinge (Gr R’e) wat in 2 klasse opgedeel is, met 82 Gr 1’s, ook 2 klasse. ‘n Nuwe personeellid is Carin Benjamin (Praktisyn: Gr R), asook 2 onderwysers wat hul volle onderwyskwalifikasies verwerf het, Dedre Klaassen (Gr 3) en Lena Slammat (Gr R). Francia Natal is nuut as Algemene Werker aangestel. Kontaknommer: 028-384-0061.

Masakhane Primary School

Hierdie skool wag nog geduldig vir hul pragtige nuwe skool wat nog nie gefinaliseer is nie. Die skoolhoof, Maxwell Mdini en haar personeelkorps van 26, waarvan 3 nuwe aanstellings is, is vanjaar vir 798 leerders in totaal verantwoordelik. Hiervan is 80 (3 klasse) nuwelinge (Gr R’e) en 120 (3 klasse) Gr 1’s. Die skool spog met ‘n identiese Gr R tweeling, Qhama en Qhamani. Kontaknommer: 087-150-2769.

Laerskool Okkie Smuts (Stanford)

Skoolhoof Kobus Koekemoer pak 2016 met 12 onderwysers in sy span aan vir die 227 leerders in die skool. Hiervan is die nuwelinge (Gr R’e) 18, waarvan 10 Afrikaanse en 8 Engelse onderrig ontvang. Van die 26 Gr 1’s ontvang 10 Afrikaanse en 16 Engelse onderrig. Kontaknommer: 028-341-0611/660.

Laerskool Die Bron (Stanford)

Die skoolhoof, mnr LJO Pedro en die res van die personeel verwelkom alle nuwe opvoeders en leerders. Die skool het ook hierdie jaar die eerste IsiXhosa Graad R klas geopen. Hulle is trots daarop dat rdl Dudley Coetzee hulle op die eerste skooldag besoek het. Dan spog hulle ook met ‘n tweeling in Gr R (IsiXhosa), Buhle en Sibahle Shologu. Kontaknommer: 028-341-0830.

St Pauls Laerskool (Stanford-omgewing)

Geen inligting is met die ter perse gaan van hierdie uitgawe ontvang nie. Kontaknommer: 028-341-0222.

Fynbos Akademie (Stanford-omgewing)

Geen inligting is met die ter perse gaan van hierdie uitgawe ontvang nie. Kontaknommer: Annelize Zeelie 074-333-4463.

Hardus Botha

Collage: Monica Hayes

Skole vroeg reeds bedrywig

Hardus Botha / Collage Monica Hayes

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles