Winderige Verootmoedigingsdiens

Winderige Verootmoedigingsdiens

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered word,” lui die boodskap op vanjaar se program vir die jaarlikse Vissermans Verootmoedigingsdiens.

Ondanks ‘n sterk wind tydens die diens op 17 Januarie vanjaar in Gansbaai hawe, was die opkoms deur mense vanuit alle denominasies baie goed. Etlike mense het in hul motors aan die verrigtinge deelgeneem ten einde uit die wind te kom. Soos gebruiklik is daar hartlik aan lofliedere in Afrikaans en Engels saamgesing. Vanjaar se voorsangers en musiekmakers was Mike Schröder, Adri Ehlers, Dirk Büchner en Beryll Coetzer, met Elize Schröder wat die klanksisteem behartig het.

Past Frikkie Zeelie het die verwelkoming behartig en die verrigtinge met gebed geopen. Eerste aan die beurt was Norman Sauls met ‘n Afrikaanse boodskap. Norman het op die pad vorentoe gefokus, met die klem op bekering en vergifnis. Die Engelse boodskap is deur ds Eugene Smith gebring. Sy boodskap het heengewys op “beweging vanaf die sienlike na die onsienlike”. Die voorbeeld wat hy gebruik het was die afwesigheid van vis (sienlike) aan die een kant van die disipels se boot, met die massa vis (onsienlike) aan die anderkant van die boot.

Hierdie jaarlikse twee dienste, die Dankseggingsdiens aan die einde van die jaar en die Verootmoedigingsdiens aan die begin van die jaar, word deur Johan van Dyk gereël, met Gansbaai Marine as die jaarlikse getroue borg daarvan.

Hardus Botha

Winderige Verootmoedigingsdiens

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles