Praktiese sy van Komposisie

Praktiese sy van Komposisie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tydens ‘n vorige byeenkoms van Gansbaai Fotografieklub was kunstenaar Niël Jonker van Baardskeerdersbos die gasspreker oor die begrip “komposisie” (ordening van losstaande dele tot ‘n eenheid). Vanuit ‘n skilder se perspektief teenoor die fotograaf se perspektief het hy die volgende besonderse opmerking gemaak: “Die ooreenkoms tussen komposisie vir die kunstenaar en dié van ‘n fotograaf, is merkwaardig. As voorbeeld kan ek noem dat, wanneer ek iets oor skilder wil leer, besoek ek die biblioteek se fotografie-afdeling.” Hy het ook gesê dit is moeilik om komposisie te verwoord, maar dit kom neer op die verhouding tussen die kunstenaar of fotograaf met sy onmiddelike omgewing.

Hierdie stelling is juis deur voorsitter Riaan Jacobs tydens ‘n onlangse byeenkoms te Groeneweide Kwekery beklemtoon. Riaan het ‘n “blitskursus” oor die benadering tot die praktiese sy van komposisie deur die fotograaf aangebied. Ondanks ‘n “blitskursus”, het Riaan hom goed van sy taak gekwyt en die belangrikste punte vir komposisie uitgelig. Hy het veral klem gelê op die benutting van die “een derde reël” en waar die fokuspunt van die onderwerp moet of kan wees. Daarna het die pret begin met die praktiese uitvoering van Riaan se kort opsomming. Fotograwe met kamera’s, driepote en nog meer het Groeneweide se tuinareas behoorlik oorgeneem - hetsy staande, hurkende, sittende of plat op die maag. Dit was die hoofdoel van die byeenkoms - om ‘n pret-praktiese byeenkoms daarvan te maak.

Die foto’s sal tydens die volgende byeenkoms saamgebring word sodat almal na almal se “komposisie-gefokusde” foto’s kan kyk. Gansbaai Fotografieklub se eerste byeenkoms te Groeneweid Kwekery het goed afgeskop en kennis kan geneem word dat alle byeenkomste voortaan daar sal plaasvind. Dit vind op die 1ste en 3de Maandag van elke maand om 18:30 plaas.

Vir navrae kan Riaan Jacobs by 082-373-8270 gekontak word, of skakel vir Veronica du Plessis by 084-826-8781.

Verdere inligting kan op die klub se webtuiste, www.gbpc.co.za gekry word.

Hardus Botha

Praktiese sy van Komposisie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles