Rynhardt Koekemoer op Koekeloer

Rynhardt Koekemoer op Koekeloer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nog ‘n bekende in die omgewing wat ‘n knap deelnemer aan die onlangse en uitmergelende Trans Agulhas Rubberbootwedren was, is Rynhardt Koekemoer (23) van Pearly Beach en ‘n oud-skolier van Laerskool Gansbaai. Hy was die pilot van die boot, Koekeloer, en dit was sy 3de wedren wat hy voltooi het. Voorheen het hy onderskeidelik 3de en 4de geëindig. Tiekie Morkel (24) van die Strand, was Rynhardt se co-pilot. Tiekie se ouers het ‘n vakansiewoning in Pearly Beach en dié twee jongmanne is reeds sedert kinderjare vriende. “Die afgelope Trans Agulhas was weer vol uitdagings,” het Rynhardt se pa, Jan Koekemoer gesê.

“Die manne het hulle ratkas net buite Stilbaai beskadig toe Rynhardt ‘n sloep verkeerd genader het en hulle met ‘n rots gebots het.” Hy sê op daardie stadium was Rynhardt en Tiekie 3de, maar sowat 45 minute is as gevolg van die skade verloor. Die twee het nietemin die skof voltooi, maar kon ongelukkig nie die “surfrace” vir die dag voltooi nie. “Hulle werk maar met ‘n klein begroting en moet noodwendig self aan die boot en enjin werk.” Die ratkas kon eenvoudig nie betyds herstel word om aan die “surfrace” deel te neem nie. Die volgende oggend kon hulle wel wegtrek, maar kon nie genoeg tyd opmaak om ‘n beter algehele posisie te bekom nie en het 8ste geëindig. Rynhardt en Tiekie se kennis van die plaaslike omgewing het hulle wel handig te pas gekom. Vanaf Struisbaai tot in Gansbaai het hulle 4 plekke opgeskuif, bloot omdat Rynhardt en Tiekie al die sogenaamde “kort paadjies” of sloepe goed ken. Bote is reeds vanaf kindsbeen ‘n passie vir Rynhardt. Hy het gereeld saam met sy pa see toe gegaan, wat self ook Rubberducks gery het.

Direk ná skool het Rynhardt vir ‘n jaar lank in Sodwana as duikinstrukteur gewerk, maar sy kennis van die water en tegniese ervaring het vinnig gesorg dat hy as skipper aangestel is om die duikers te vervoer, eerder as om self te duik. Sy vermoë as seeman het daartoe gelei dat hy as skipper op ‘n luukse passasierskip aangestel is, met die verantwoordelikheid om passasiers vanaf die skip na eilande waar die skip aangedoen het, te vervoer. Hierdie passie oor die see en bote het Rynhardt die geleentheid gebied om nuwe plekke te ontdek. Rynhardt het egter terugverlang na Pearly Beach en die omgewing wat hy ken en het teruggekom plaas toe waar hy vandag boer. Hoewel hy homself hoofsaaklik op die blombedryf toespits, is daar deesdae ook ‘n paar beeste en gewasse wat aandag verg. Die sport het ook meegebring dat Rynhardt by Kansa betrokke geraak het. Hy en mede bootgeesdriftiges vaar jaarliks op die Bergrivier om broodnodige fondse vir veral kinders met kanker in te samel. “Op hierdie manier wend ek my sport ook tot voordeel van iemand anders aan,” sê Rynhardt.

Hy is gelukkig dat sy ouers, Jan en Nelia Koekemoer sakebelange in die omgewing het, wat dan ook verklaar waarom “Pearly Beach Winkel” aan die een sykant van sy boot aangebring is en “Koekeloer” aan die ander sykant.

Hardus Botha

Rynhardt Koekemoer op Koekeloer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles