“Gesoute” vriende

“Gesoute” vriende

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is sekerlik baie ander maniere om mense te ontmoet en dalk vriende te maak, maar wanneer iemand vra om saam see toe te gaan, is die proses soveel makliker en soveel meer aangenaam. Hengel jy van die kant af en jou nuwe kennisse neem deel kan die dag baie aangenaam word want dis jy en jou klompie en dan die nuwe kennisse en seker ook nog van sy familie. Dan is daar die see en alles wat daarmee saamgaan  --  wat meer wil jy hê? Somtyds word jy gevra of een of ander kennis of familielid jou op die boot kan vergesel en dan verander die prentjie so effens. Nommer een vereiste is dat jy die dag op see gaan geniet. Dan, afhangende van jou voorkeure is die feit dat jy hoop om ‘n vissie te vang nogal belangrik. Kom ons sê jy het ‘n gereelde “crew”, dan sal daar slegs plek wees vir iemand anders indien daar ‘n opening beskikbaar is. Verkieslik wil jy iemand hê wat “ken van” hengel en dat hy ook in staat sal wees om op die boot te help. Hy moet ook normaalweg sy eie gereedskap en aas verskaf. Dit alles sal afhang van hoe jou gereelde bemanning daar uitsien en hulle manier van werk.

Kom ons neem aan dat daar wel ‘n opening is en jy wag nou vir die nuwe man om op te daag. Jy sal reeds verneem het of hy aan die kriteria voldoen. Jy weet wanneer ‘n onbekende saamgaan en hy vra “gaan jy terugdraai indien ek seesiek word?” dat hy seker nie ideaal gaan wees nie, maar die res van hom klink heel aanvaarbaar. Oor die aspek van terugdraai is daar nogal meningsverskil van skipper tot skipper. My persoonlike voorneme is, nee, ek gaan nie terugdraai nie. Voor hy die dag begin sal jy hom reeds ingelig het oor of daar ‘n fooi te betaal is en hoe sake op die boot werk. Nou verstaan almal mekaar. Soveel male het dit nou al gebeur dat ek iemand nuut op die boot saamneem water toe en wanneer die dag om is het ek ‘n nuwe vriend gemaak  --  seesiek of te not! Oorspronklik word daar nie veel gepraat nie maar soos die dag aanstap ontwaak almal en die nodige grappe en vertellinge is ‘n welkome ysbreker. Daar moet natuurlik in gedagte gehou word dat die nuwe man (of vrou) ook maar vreemd op die boot is en ook nie seker is van hoe die ander manne hulle gaan gedra nie. So, dis wederkerig.

Die dag op see verloop baie lekker, daar word selfs ‘n paar visse gevang en almal ken mekaar nou beter en die geselskap vloei natuurlik. Dan kom die onaangename taak van boot skoonmaak en die wegpak van gereedskap en natuurlik die deel van die vangste. Hoe die nuwe man meedoen hieraan sal verseker of die nuwe vriendskap gaan hou! Is hy in elk geval ‘n seeman sal hy weet almal doen maar hulle deel. Alles is nou afgehandel, dis tyd om lekker te gesels, te ontspan en so bietjie gek te skeer. Nee wat, jy vra hom sommer om volgende keer weer saam te gaan, d.w.s. as hy nie alreeds self gevra het nie. Nog ‘n welkome nuwe vriend.

Groete, Seemeeu

“Gesoute” vriende

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles