Sondag 10 Januarie 2016 sal voortaan vir George Hunt en Marlene Davin groot betekenis hê!
Familie en vriende het die huweliks-bevestiging deur Ds Dirk hier op die 18e setperk met hulle gedeel en daarna heerlik gekuier.
Baie geluk julle twee! Mag julle lewe saam net groei en van krag tot krag gaan.
Woensdag 13/01/2016
Kompetisie – Sloegters - Enkel Stableford
1) R Roux 43, 2) S Muller 40, 3) G Hunt 39, 4) D Victor 38.
Naaste aan die penne is gewen deur G Hunt en S Neethling.
Spog 2’s is aangeteken deur P Pieters en E Engelbrecht, V Hunt het ook’n arend aangeteken.
Vrydag 15/01/2016
Kompetisie – Hoender - Enkel stableford
Die OK-prys is gewen deur S Wessels op 21 (Dankie vir julle ondersteuning OK!) gevolg deur G Hunt 19, D vd Merwe 16 en L Lombaard 16.
L Hattingh was naaste aan die pen gewees.
Saterdag 16/01/2016
Kompetisie – Enkel Stableford
1) S Wessels 37, 2) R Joubert 36, 3) J Brandt 36, 4) F v Eeden 34.
Naaste aan die penne is gewen deur R Joubert en D Victor.
R Joubert het ook ‘n spog 2 aangeteken.
Sterkte aan die Liga-span. As verdedigende kampioene van die Overberg streek, glo ons julle gaan ons naam weer hoog hou!
OPKOMENDE KOMPETISIES
20/01/2016 Sloegters – enkel stableford.
22/01/2016 Enkel stableford – Hoender – 9 gate.
23/01/2016 Better Ball.
27/01/2016 Sloegters – enkel stableford.
29/01/2016 Enkel stableford – Hoender – 9 gate.
29/01/2016 Steak-aand – plaas bestellings by die klub!
30/01/2016 Enkel stableford.
03/02/2016 Sloegters – enkel stableford.
13/02/2016 Community Church – single stableford.
13/02/2016 Community Church – Valentines Buffet Dinner / Dance.
12/03/2016 Klub Kampioenskappe.
Groete, André Roos