Juan van der Merwe met sy twee mooi kabeljoue (geskat op tussen 4 en 5 kilogram) wat hy vroeg Dinsdagoggend by Boet se Baai gevang het.
Dit is verdere bewys dat die amperbootjies op die oomblik die beste resultate bied. Mooi man! Wanneer die suidoos waai is die water gewoonlik die regte kleur in hierdie omgewing.
Albert Potgieter